Posts Tagged 'God'

Bevryding.

Ken julle die storie van die vrou wat weer moes opstaan?

Dis ‘n seer storie, maar ‘n mooi storie. Dis die storie wat in my kinder tyd voor my afgespeel het. Ek was een van die hoof spelers daarin. Sien, ek is eerste gebore. Ek moes die naam verder vat. Die vrou van wie ek praat is Magriet Joans.

Sy was my ma.

Ek onthou drie van haar. Daar was die Ma Magriet, die Bang Magriet en die gebliksemde Magriet. Soggens dou voor dag as sy die gordyne so by die venster weg trek, dan was sy Ma Magriet. Reg met ‘n koppie koffie. Sy het geglo ek moet eers regop sit voordat ek wakker is, en sy was reg. As ek so  begin blaas op my koppie stap sy uit. Nou is sy Bang Magriet. Jy sien, die toppie, hy is nie die coolste ou op die blok gewees nie. Hy en sy skurwe tjommies was gereeld tot laatnag uit terwyl my ma moes swoeg om die pot aan die kook te hou. “As dit nie vir die kerk was nie, weet ek darem nie my kind.” Dit het my ma altyd gesê en moeg die hare van haar sweeterige voorkop afgevee met die agterkant van haar hand. Haar hande altyd vol deeg. “Jy bak ses broode vir die prys van drie gekooptes” sê sy. “So kan ons een oor stuur vir Antie Babs, en dan is nog ‘n huis gevoed”

Swaarkry, my ma het dit nooit erken vir wat dit is nie, en daarom het dit geen mag oor haar gehad nie. Elke dag was vir haar soos hy moes wees. Bedags ander se wasgoed, ons wasgoed. Stryk sewe dae ‘n week, ons was baie kinders. My toppie het geglo, soos al sy dronk tjommies, dat “mans nie sweets met papiertjies eet nie.” Hoe fucktup wil jy wees? Ek dink ek was die enigste een van al nege van ons, wat werklik op ‘n manier deur liefde verwek is. Die ander was die eindproduk van ‘n dronk man wat haar in submissie in
gebliksem het. Sy was tog lief vir elkeen van hulle, nie een voorgetrek nie.

Jonny, hy’s sy pa se kind daai een, en my tweede jongste broer. Stoot nou tyd in Pollsmoor. Gangsterism is nie vir die pissies nie.

“You want to run with the big dogs, don’t piss like a puppy bra” Dis wat ou skylie Jonny altyd vir my gesê het met sy stink drank asem. Ek het hom seker laas nugter gesien toe hy 14 was. Niks respek nie, daai kind. Alles in die huis gesteel.

Drugs.

“Dis soos om die duiwel se voël te suig” sê Jonny. Hy hou sy pyp waarmee hy rocks rook so tussen sy wys en duim vinger vas “Jy kry nooit genoeg nie” maak hy sy sin klaar. Ek sien hom wegraak in sy eie wêreld. Paranoia in sy oë. My hart breek. My ma, ai, sy sit verslae en vra die vraag wat alle ouers seker maar in die begin vra.”Wat het ek verkeerd gedoen Here?”

Soos altyd is daar net stilte. God antwoord nie trick questions nie, Hy watch jou net so, en laat jou toe om self die antwoord te gaan soek. Hy het mos nou vir jou die vryheid gegee om te dink. Dis groot. Hy forseer jou om daai geskenk te gebruik.

Elke knie sal buig….

En die fout lê nie by haar nie, maar ‘n ma sien nie die sleg in haar kind nie.Sy het nog in die ander God geglo. Die een wat uit die wolke praat. “Soos ‘n kind Charlie, glo soos ‘n kind”. Sy was nie die een wat wou voorgee nie, sy wou net wees.

Hoe sy aan my pa gekom het weet ek nie. Hy was glo “Handsome soos Elvis” sê my ma. Toe ek kon begin onthou, toe drink hy al die heeltyd. Hy en Jonny, altyd saam gewees. Tot daai dag…

My ma het hulle probeer keer, maar hier by ons word alles gewreek. “Bly weg van die gansters” het my ma altyd gewaarsku as ons gaan buite speel. My pa en Jonny was in die Reds. “..want as ons lem, trek ons gazi” het Jonny gesê, en dan sê my pa: “Hosh!”

Soos die seun wat dood was, het ek buite hulle kring gestaan. Ek wou ook my pa so saam my sien lag. Dit het nooit gebeur nie. Jy sien, die ding staan so. Jonny se meisie was swanger, en toe vind hy uit ‘n member van die Kings is die pa. Die ding word toe nou ‘n familie-naam ding.

“Watse familie naam!” skree my ma. “Jy het dit weg gegooi toe jy daai klomp bliksems as jou BROERS aanvaar het!”

Saam, saam is my pa en Jonny  daar weg. My ma in trane oor wat gaan gebeur. Ek hulpeloos in my stoel. Soos my ma my instoot huistoe sê sy:”Mag die Here die ding stop my kind.” Ek hoor haar, maar weet daar kom moeilikheid. So was dit ook.

My pa is dood geskiet daardie aand. Jonny is tronk toe.

Toe die regter sê:”Skuldig”

Toe sê my ma: “Dankie Here”

Advertisements

Daar’s ‘n Gay Pastoor in my kop.

“Die kontroversiële saak van homoseksualiteit in die kerk vorm die kern van die boek. Die outeur het aanvanklik geweier om sy homoseksualiteit te aanvaar en was uiteindelik oortuig dat dit slegs ‘n duiwel is wat uitgedryf moet word. As jongman ontmoet hy ‘n vrou met wie hy later trou, hy word pa en ook ‘ suksesvolle AGS Pastoor in Johannesburg. Maar as mens bly hy ontevrede en onvervuld. Die hart van die storie dui hoe sy vrou van hom skei, hy uiteindelik sy homoseksualiteit aanvaar en vrede en geluk vind in sy verhouding met Johan. Lees aan ‘Daar’s ‘n Gay Pastoor in my kop.’

Pastor say:”God can’t accept you if you’re gay.”

This was what the local Pastor said to me, after I went to see him during this week. I have had a real intense want to meet with God, to find him and build a relationship with him. My issue was not with sexuality.

When did men start thinking that they know the heart of God? When did they receive that chip on their shoulders? I would have thought that the main concern would be to get me to the cross, let God decide if He wants me. I am getting married in less than a month to my partner of three years. I love him. I refuse to think that God would have made me gay, and expects me to live a life of celibacy for the rest of my days.

There may still be a few knowledgeable people who do not believe this, but practically all behavioral scientists now accept this statement as a fact. Down through history same-gender sex was universally considered to be acts by (heterosexual) people who had chosen to engage in perverted sex. Advances in the sciences, particularly psychology, in the last 100 years have shown that not all people are heterosexual; some are homosexual, and their homosexuality is an unchangeable nature, not a choice. Lees aan ‘Pastor say:”God can’t accept you if you’re gay.”’


Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Sluit aan by 12 ander intekenaars

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,920 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf
Advertisements