Posts Tagged 'hartseer.'

Dis soms net so bleddie eina…

Jy weet wat ek bedoel.

Daar is tye wat iets net so swaar en seer op my hart rus, maar woorde is min. Ek kyk om my rond en alles is mooi. Alles gaan goed. Hoekom sien ek net nag?

Ek wil mens wees. Heel, gelukkig en sonder vrees. Tog dobber die demone van gister saggies maar tergend op die agtergrond rond. Ek kan hulle ruik. Hulle lag vir my. Hulle spot my oor my lyding.

Kom kyk, nog een het geval…..

Hoor jy my dan nie?

Ek sê hello, ek glimlag en grap.

My masker is groot, en net baie, baie selde gaan jy die hartseer ogies daaragter sien.  Hoekom is dit so moeilik om mens te wees? Hoekom moet juis ek, wat diep bloei, dinge die ergste voel?

Laat dit einde kry, ek het genoeg gesien. Ek smeek Jou, vat dit weg.  Gee my om hemels naam net ‘n bietjie rus.

Mag ek kwaad wees vir God? Ek is klaar kwaad vir myself. By wie se deur lê ek die blaam?

Net my eie…

….soos altyd, net voor my eie.

Advertisements

Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Sluit aan by 12 ander intekenaars

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,920 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf
Advertisements