Posts Tagged 'huisvrouens'

Oppas vir daardie hekkie.

Lekker om blind deur die lewe te gaan, soms is ons ogies so toe vir die waarheid ons fok elke keer in die tuinhekkie vas as ons by die huis uitstap. So was dit ook met my, ek is mos nie anders as enige iemand anders nie.

Eendag in my donker tiener tyd, het ek my Dad se kar ‘n duik in die deur geskop, ek gaan nie eers begin verduidelik hoe hard hy my gedonner het nie. Ek was vir drie dae nie skool toe nie. My les het ek geleer, skop net karre van wie jy nie die eienaars ken nie.

Wat ek probeer sê is dat dit nodig is vir ons om so in die tuinhekkie vas te bliksem elke keer as ons so toe ogies deur die lewe gaan. Hoe anders gaan ons leer?

Ons is mos ‘n trotse klomp skepsels. Ons sukkel om te aanvaar ons maak foute. Ons wil net altyd perfek wees. Die beste wees, van kleins af word ons geleer van sterretjies op die voorkop, en so neuk ons aan in ons soeke na daardie sterretjie. Besef jy hoeveel ure jy mors in jou gejaag na wind?

Kom ek vertel jou nou die storie. Ek is huisman, baie geseënd om dit te kan doen. Nogtans is dit fokken harde werk. En as jou ma soos my ma is, dan is ‘n skoon huis die toonbeeld van jou karakter. So nou werk ek elke dag my bene lam, my humeur op, en my geduld klaar. Die huis blink, en dan kom my man tuis…

Ek donner oor skoene in die sitkamer, ek tel klere op in die gang. Ek vee siggie-as onder, bo, en uit die rekenaars uit. Ek maak kos. Ek probeer die berg strykwerk wen, en faal elke week. Die nuwes is daar voor die oues klaar gestryk is. Ek gee die kat kos (dis die nuutste takie), en ek probeer nog ‘n bad ook inpas. Ek probeer nog vir hom ook ‘n bad inpas anders sal hy net aangaan en aangaan. Hulle stort mos by die werk as hulle onder die grond uitkom, maar ek wil hom sien bad. Dis seker sielkundig. Dan was ek die bad…

Dan pluk ek my moer omdat niks skoon bly nie.

Ek gaan kuier by ander en hulle laat dit so maklik lyk. Huisvrou in ‘n tweestuk, perfek gemake-up. Huis silwerskoon. Fok die BBB (Biggy Best Bende) sommer verskriklik. Dink jy my moeder het simpatie? Nee wat, sy lag net en sê: “Het jy gedink jou huwelik gaan anders wees as elke man en vrou in die wêreld sin?”

Nee ek het nie.

Kyk ek moan nou weer soos ‘n Hillbrow meisie wat nie betaal is nie, maar ek is lief vir my man. Ek sal seker nooit kan ophou lief wees vir hom nie, hy is my lewe. Nogtans dink ek my lewe sal makliker wees as ek net wil ophou om die donnerse sterretjie vir huisvrou van die jaar te jaag. My oorgee aan die georganiseerde chaos van saambly, en fokus op die lekker cuddle voor ons nag sê.

Dis mos wat saak maak is dit nie?

Advertisements

Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Sluit aan by 12 ander intekenaars

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,879 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf
Advertisements