Posts Tagged 'kat'

Flintie se dieretuin.

Ok, julle wen. Ek is van “nie eintlik ‘n kat mens nie” tot die eienaar van twee in minder as twee weke. Ja, die een wat self hier aangekom het word nou Thabo genoem. Hy is weg op loop vrou soek. Ek hoor die katte snags, en ek voel trots om te weet my kat sien om na die buurt se dames se belange. Ek verwag hom nou enige dag hier instrompel. Die vorige eienaars sê hy doen dit. Loop net weg vir ‘n week. Ek weet van beter. My ma het my vertel van blommetjies en bytjies, en die is gin wegloop nie. Dis sy huis die.

So nou kom hier vandag toe nog ‘n kat aan. Haar naam  is Lisa, en sy kom van Johannesburg af.  Skoonouers bel vanoggend uit Jozi uit om te vra of ons die kat soek. Ek is nou nie mooi seker waar die kat vandaan kom nie. Dis of van ons aangetroude famile af, of die woonstelblok waar hulle bly af. Dit was ‘n ja voordat hulle die foon kon neersit. As iemand ‘n dier wil weg gee, gaan hulle begin lelik raak met hom want hulle soek hom nie meer nie.  So nou staan die telling as volg.

1 x Aap. (Gogga)

1 x Vis (Kat)

3 x Honde (Thandi, Vodoo, Cindy)

2 x Katte (Thabo, Lisa)

Tog loop soek ons nie die diere nie. Hulle kom almal met hulle eie storie hier aan. Snaaks hoe hulle weet dat jy hulle nie gaan verjaag nie. Hulle is binne minute tuis, en vol ge-eet, en uitgekam.

Hehehehe. Flintie is mos nie eintlik ‘n kat mens nie…

Advertisements

Die kat.

Ek is nie ‘n kat mens nie, maar ek is ‘n dier mens. Nogtans sou ‘n kat nie my eerste opsie wees nie indien ek eendag ‘n dier sou wou gaan koop nie. Nie dat dit al ooit nodig was nie. Elke dier wat ek besit het sy eie storie. Ok, behalwe miskien nou my vis (sy naam is Kat). Hy sou bietjie gesukkel het om hier te kom indien ek hom nie gekoop het nie. Die ding met Kat, dis nou die vis, is dat hy my nie toelaat om ‘n ander vis te koop nie. Hy maak hulle almal dood. So vir die afgelope drie jaar sit ek met ‘n moerse tenk, en een angelfish in hom. Ek kan hom net nie flush of vries, of weg gee nie. My rede is net dat ek hom al kos gee vir so lank en ek glo hy is geheg aan my. Moerse simpel ek weet, maar dis nou maar ek.

Wel, dan is daar Thandi. My Worsie kruis Staffy. Ons het haar uit haar oorspronklike huis geneem met “force”. Dit was my sussie se hondjie, maar toe eendag skop sy na die hond en net daar en dan word sy toe in ons kar gelaai deur my man. Toe het ons ‘n hond. Ek doop haar toe Thandi, en huil myself bloedrooi by die veearts toe sy reg gemaak word ‘n paar weke later. ‘n Oom met ‘n boerbull het vreeslik naar gelyk daaroor, maar fok hom…

Toe kom die aap. Raait, so Skoonma en haar man besluit dis tyd vir ‘n marmoset apie. Hulle koop die dingetjie, en dadelik soek my man een.Teen die prys waarvoor hulle verkoop word, kan die twee pas getroudes dit nie bekostig nie, maar met ‘n stroke of luck eindig die eindste aap hier by ons op. So word Gogga toe ook deel van die huishouding. Ek kan nou enige tyd saam gesels oor purity, doeke, seuntjies wat alles nat-pp ens. Ek kan ‘n gemsqause fyn genoeg druk in 30 seconds flat, so pap ‘n 5 maande oue baba sal dit kan eet. Ek kan ook huis skoon maak met ‘n aap wat heeltyd van my skouer af spring in my potplante in, en terug, en dan op my kop klim en my hare nat pp. Hy sit ook gereeld en wegkruip, en dan geniet hy dit te vreeslik as ek die hele donnerse huis omkeer om hom op te spoor. Ek moet gewoonlik daarna weer skoonmaak.

Wel, mens sou dink dis nou genoeg. Ken julle my lewe? Duidelik toe nie.

So lê ek heel snoesig in die bed, balkon deur so effe oop om die kamer so bietjie af te koel, en dis nie lank nie of ek slaap. Iewers deur die nag word ek wakker agv ‘n geluid wat ek nie ken nie. Ek sien vir ta so rustig,rustig deur die balkon deur insluip. Hy staan en kyk my stip in die oë, purrrr, en ek dink ek het daar weer aan die slaap geword want toe ek wakker word, toe soek ek kat. Na die soveelste uur begin ek dink ek droom ernstig vivid drome, en daar is regtig nie ‘n kat nie.

Anyway, so staan ek in die kamer en ek wil afbuk om ‘n amp aan te skakel. Toe ek so buk kyk ek en die kat mekaar vierkantig in die oë. Raait, nou wat nou? Die kat is so moer oulik, hy kom lê by die eerste geleentheid op my skoot. Toe ek so oor sy lyf vryf voel ek knoppe. Seker veertig van hulle, sulke klein knoppies, net aan sy flanke. Niks op sy rug of maag nie. Natuurlik voel ek net ribbes, die dier is dood van die honger. Dit voel ook of een van sy ribbertjies op ‘n tyd gebreuk was.

Reg, nou voer ek die kat. Hy eet een bakkie kos na die ander op. Hy raak weg vir so rukkie en kom terug en eet weer. Ek gaan stoep toe om te rook, hy het my potplant uitgekrap en ‘n longdrop daarvan gemaak. Ek kan hom vergewe, honger mense en diere maak my hart sag.

Maar waar kom die kat vandaan? Al wie ek kan dink om te vra is die nuwe bure, ek weet mos die ander het nie katte nie. So gaan vra ek toe ook, en sy vertel my die storie.

Dis haar kat, naam is glo Pamper. Sy vertel my sommer so oor ‘n koppie koffie dat sy die kat, nie een keer nie, maar vier keer in ‘n swartsak langs die pad afgelaai het. Sy kan nou nie verstaan hoekom die kat terug kom nie. (Simpel giggel). Ek dog sy maak ‘n grap, dis gewoonlik my eerste reaksie as iets vir my regtig skokkend en onverwags is.

Die knoppe op die kat is bb pellets wat daar vas sit, vertel sy my en vra of ek nog ‘n koekie soek. Ek dog ek kots op haar mat. Sy en haar man het die kat uit ‘n boom probeer skiet so ‘n paar maande terug. Dit was glo baie snaaks om te aanskou vertel sy my.

Op die stadium drink ek nie eers my koffie nie.

Ek vertel haar toe ek is baie lief vir katte, en van my beste vriende is katte, so ek sal dan nou maar die kat vir my vat. Sy stem toe darem genadiglik in, en so ek is nou die trotse eienaar van ‘n kat. Ook maar goed ek het aangebied om hom te vat want hy lyk nie of hy van plan is om iewers heen te gaan nie. Hy doen darem ook nie meer sy ding in my blom bakke nie. Na my tweede dag as ‘n kat eienaar, moet ek sê die kat is nie so bad nie.

Nou moet ek vir hom naam soek…


Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Sluit aan by 12 ander intekenaars

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,920 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf
Advertisements