Posts Tagged 'out'

Gay Uganda

Ek gaan nie vir julle lieg nie, my hart is moer seer. Toe ek net klaar met skool was, het ek vir ‘n organisasie met die naam GLOP uitgehelp. Dit was die gay en lesbian organisation Pretoria gewees. Die organisasie het toe later fondse van HIVOS bekom, en groot gegaan. Vandag word hulle OUT genoem. Aktivisme oor dinge soos Aids, en GLBT regte (Gay, Lesbian, Bi-Sexual and Transgender) is in my bloed.

Ek was betrokke by die Internasional Aids Conference 2000 op die ouderdom van 19. Navorsing was ons ding, en dis ook waaroor ons direkteur Dawie Nel destyds ‘n voorlegging gedoen het. Ons het lesings bygewoon, kontakte opgebou, en baie geleer oor wat die mense deurgaan.

Nou, ek het al so bietjie gehoor van die Uganda ding, en bietjie gelees, en bietjie bebliksemd geword, en weer bietjie gelees. Dit so hier en daar in gegooi in ‘n post. Dit moes al vir my gesê het het hier is iets aan die kom, maar ek wou nie “heavy” word op die bloggers nie. Mense wil lag, gesels en vir ‘n oomblik vergeet van al die lelik daar buite. Tog, nou sit dit soos ‘n bol doring-draad in my keel vas, en dit wil uit.

Ek weet dit gaan pynlik wees, maar asseblief ouens en vriendinne hoor my.

Die deel wat my diep getref het van die berig wat op 08/01/2010 op IOL se web blad verskyn het, was die volgende:

President Yoweri Museveni has told colleagues he believes the bill is too harsh and has encouraged the ruling party to overturn the death sentence provision, which would apply to sexually active gays living with HIV or in cases of same-sex rape.

Verstaan jy die implikasies? Ons is die kontinent met die hoogste HIV + syfers. Hoeveel gay mans en vrouens in Uganda is HIV +? Statistieke  wys nie sommer tussen gay en straight nie, veral nie in ‘n land waar jy so bang is om dit te erken dat jy maar eerder net lieg en sê: ” Ek eet soos jy oom” nie.

Asof dit nie al reeds hel moet wees om met  Aids saam te moet leef nie, nou moet hulle nog met die lewe wat hulle het ook gedreig word as hulle liefde maak met ‘n volwasse wettige groot mens wat in gestem het tot dit. Hoe de hel gaan jy ‘n siekte soos dit hanteer, en beheer in ‘n land waar mense net gaan stilbly? Eerder in die donker nag van siek wees en sukkel sal krippeer, as om na ‘n dokter toe te stap en Arv’s te bekom?

Ek raak bietjie, bietjie befok dat daar mense is wat so iets sal ondersteun. Vanaand flits dit onder die nuus dat die President van Uganda homself distansieer van die aansoek om die wet.

…a bit to harsh…

Sy woorde oor die wet, nie myne nie. Bang vir die “backlash from foreign investors”, wat de blou kersie pik bliksem, beteken dit?

Waar is die mense in die redes? Verstaan my asseblief, ek raak opgesweep met die feit dat dit rand en sent is, alweer. En hoe aktief is ons land in die saak? Wat het geword van verantwoordelikheid vir jou mede mens?

Ek weet skryf gaan nie veel doen nie, maar nou lees ek vanmiddag op ‘n blog genaamd GayUganda dat so tussen die “power cuts” en storms deur kon hy ook nie werklik uitvind wat aangaan nie. Dit moet ongelooflik erg wees om te weet dat jy kan gemoor word, omdat jy gay en positief is, en om nie verseker te weet of dit al wet is of nie, maak sekerlik van jou ‘n kluisenaar in jou eie angs.

Sy opskrif :  “What do the papers say?”

Ek lees boeke daarin nadat ek sy skrywe gelees het.

Advertisements

Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Sluit aan by 12 ander intekenaars

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,879 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf
Advertisements