Posts Tagged 'Pa'

Dinge van ‘n kind

Die ding met Kerstyd is dat dit my altyd laat onthou en wonder…

Ek was die tiener uit die hel gewees. Ek sit vandag en terug dink aan die tyd toe die poliesie ons by die skool kom haal het. Ons is nou vir my en Thys.

Thys was in St.7 en ek in St.8. Thys was wel ‘n jaar ouer as ek, en so mooi soos ‘n engel. So een aand stap ek en Thys terug huis toe van die Spur af. Ons het altyd Vrydag aande daar bymekaar gekom saam met ons buddies, en ek en hy voel toe dat dit ‘n goeie tyd is om te gaan kuier by die enigste kroeg in ons ou dorpie. Tropicana was die naam van die ou plekkie gewees. Lees aan ‘Dinge van ‘n kind’

Advertisements

Die man.

In my soeke na jou, het jy jou gesig verloor.Jy het slegs die man geword wat ek moes vind, maak nie saak wat nie.Sewentien jaar is n lang tyd.Ek het man geword, jy het oud geword.

Toe ek jou die eerste keer sien het ek gewonder of ons ooit weer pa en seun gaan wees.En ek is daardie dag daar weg sonder om enigsins nader aan jou te voel. Ek het gevoel dat ek my deel gedoen het, ek het jou opgespoor. Lees aan ‘Die man.’


Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Sluit aan by 12 ander intekenaars

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,920 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf
Advertisements