Flintie sê totsiens.

Jammer hieroor, maar @lantic het my weer geslaan met ‘n rekening van oor die 3000.00. Ek kan dit nie meer bekostig nie. Dankie vir elke comment wat julle hier gelos het, en dankie dat ek so lekker kon lees daar by julle.

demoerin, keep the SOGS up boeta!

Antie Koeks, moerse drukkie vir jou.

Sonkind, jy bly die beste.

Girlvandiesuburbs, ek weet nie wat om te sê behalwe dat ek hoop alles werk vir jou mooi uit nie.

Griffel, jy is moer snaaks, en dankie vir jou inloer ook.

Nanuscka, hou aan blog. Jy skryf baie mooi, en dis lekker om te lees.

Weggie, dankie vir die inloer van tyd tot tyd.

boernig, vir jou gaan ek moerse baie mis.

dellie, *drukkie* (woorde is te min)

Andrew, jy en jou stervis, mooi loop tjomma.

Charms, keep it up girl.

Koeksister en die res, gaan julle ook goed.

Ek is nou te hartseer om te dink, as ek iemand vergeet het is ek jammer.

Tata julle,

Flintie

63 Responses to “Flintie sê totsiens.”


  1. 1 Antie Koekie Februarie 2, 2010 om 3:53 nm

    Is dit ‘n befokte siek joke?
    Flintie, jy KAN dit nie aan ons doen nie!!!!
    Kry Telkom ADSL, +/- R250 pm, plus R69 hosting fee. Wat de Flip is atlantic se case?
    Ek kry 3gig, wat my hou tot op die end van die maand.
    My ou, jy het so ‘n inpak op ons almal se lewens gemaak, jy het so ‘n moerse toekoms om te skryf; try werk iets anders uit? Moenie hierdie lifeline van jou opgee nie!
    As ek, sonder inkomste, my ADSL aan die gang kan hou,@ daai prys, moet jy ook probeer, asseblief?
    Love you lots!!

  2. 3 Charms Februarie 2, 2010 om 3:56 nm

    Riviere vol trane – Ek het jou nou-net ontdek en nou verloor ek jou 😦 Miskien kan jy ‘n goedkoper provider uitsniffel en mooi plus en minus???)

    • 4 Flintie Februarie 2, 2010 om 3:59 nm

      Ai charms, ek wens dit was so maklik.

      • 5 Charms Februarie 2, 2010 om 4:34 nm

        Dis tragies – dis erger as die dood want ons weet jy is nog daar, maar ons gaan jou nie meer “hoor” nie. Sad Day indeed. Ek is ook by @lantic en hulle fooie is nogal hoog. Jy beter vir ons ‘n befokte nice “laaste” post eers gee as ‘n going away serenade en dan kan jy ons dalk nog Twitter ook????

  3. 6 Antie Koekie Februarie 2, 2010 om 4:03 nm

    Ai tog, ek was ook al daar, genuine, maar in hierdie geval is dit so sad, omdat soveel mense daardeur geraak word. Ek ken van leen by piet om tom te betaal; moenie oorhaastig besluit, as jy moontlik kan, reël om die ape af te betaal?
    Maar, jy sal alleen weet wat kan, of nie kan werk nie.
    Ek sal dié kant STYF duimvashou vir ‘n oplossing, OK?

  4. 7 Weglekind Februarie 2, 2010 om 4:18 nm

    Ag my dooie dool Flintie. Jy kan nie man!!! Ek het al die ritueel in die more van hubby by die deur uit kry, my breakfast en coffee kry en dan kom lees ek rustig jou post voor ek moet skarrel om aan getrek te kom en uit by die deur op tyd – wat gewoonlik nie werk nie wat ek lees te lekker aan jou post. Hoe gaan ek dan nou my oggend aan die gang kry my mens 😦
    Jy het in die kort rukkie in my hart ingekruip en ek gaan jou mis. Ag fok en daar huil ek nou ook 😦
    Hoop maar jy kan een of ander tyd dinge uitwerk en weer begin blok. Stuur asb vir my ‘n mail daardie dag sodat ek weer my dag reg kan begin. Gaan jou erg mis ou Flintie. Hoop ek lees jou darm nog op ander plekke raak. 😦

  5. 8 Plaasjuppie Februarie 2, 2010 om 4:28 nm

    Aai fok tog. Sorry om jou te sien gaan. Mooi loop jou maltrap.

  6. 9 maxie Februarie 2, 2010 om 4:36 nm

    😦
    Gaan jou mis, Flintie. Laat dit met jou goed gaan.

  7. 10 Charms Februarie 2, 2010 om 4:41 nm

    Jy het seker lank laas in jou lewe so baie 😦 gesigte gesien?

  8. 11 Flintie Februarie 2, 2010 om 4:42 nm

    Daar is darem nog die maand se cap wat ek moet klaar gebruik, maar na die laaste keer wat ek net n paar dae weg was se opskudding, het ek maar net goed gedink om julle vooraf te waarsku.

    @lantic kan gaan kak!

    Ek het Telkom gemail vir details. dalk werk dinge tog uit. My man was darem nie kwaad nie, hy sê ek moet skryf ons sal plan maak vir ‘n goedkoper opsie.

    😆 @ Antie Koeks dis geval is darem nie so erg nie, dis December se rekening wat hulle nou eers wil aftrek. Ek was net moer bang hy sou kwaad wees as ek die rekening vir hom wys. Hy is Minister van ons Finansies.

    Ek vergeet soms hy het ‘n hart van pure goud, en min dinge sal hom vir my kwaad maak. So Weggie, vee af daardie trane, dalk en net dalk werk alles nog mooi uit.

    Ek is ‘n drama queen en span altyd die kar voor die perde in.

    Oom Plasie 😉 Ek het jou en liefieding vergeet. 😳

  9. 12 Antie Koekie Februarie 2, 2010 om 4:48 nm

    Ag dankie flippen tog!! Ons vergeef ons local drama queen omdat sy nou skoon die dam onder die eend uitgeruk het. Kersiepit, daai deel van bang jou man gaan raas— ek ken daai een ook; maar ek het half en half geweet hy sal besef wat jy vir ons werd is en wat dit vir jouself beteken. Manlief, ek verstaan hoekom Flinti jou getrou het—– duisend dankies van een en elk van ons, maar spesifiek van dié ou antie. Mwhaa!

  10. 13 Charms Februarie 2, 2010 om 5:13 nm

    Sjoe, nou kan ek die wynbottel weer neersit – amper verdrink ek myself! Ek is so bly jou man is so giving en forgiving 🙂 Ek het nou weer my happy face op (die ander een is vol plooie en vertrekde spiere van hartseer – skoon LELIK).

  11. 15 Sonkind Februarie 2, 2010 om 5:15 nm

    Flints, gaan kyk na hierdie site

    https://gconnect.wirelessg.co.za/

    Dis moer goedkoop en ek is seker jy gaan ons nie sommer net so hoog en droog los nie!

  12. 17 Sonkind Februarie 2, 2010 om 5:16 nm

    Ag fok tog, Flints, omdat ek vir jou ‘n link gestuur het, sit WP my op moderate. Gaan kyk tog daar, asb 😈

    • 18 Flintie Februarie 2, 2010 om 6:05 nm

      Sonkind, hoe stable is hulle? Ek wonder tog maar of Telkom nie die beste opsie gaan wees nie. sal mens meer as drie Gig uitblog in ‘n maand op so gemiddelde 15 posts ‘n maand? Ek sit mos bitter min foto’s en video’s op.

      • 19 Plaasjuppie Februarie 2, 2010 om 7:13 nm

        Ek is op die telkom 5 gig pakket en ek run my besigheid met sy 3 websites daarop plus ons 4 blogs en daar is altyd leftover cap. 3 gig is oor as genoeg.

  13. 20 flippiefanus Februarie 2, 2010 om 5:24 nm

    Flint daar is definitief goedkoper opsies.

    Ek dink nie jy is klaar met die stories nie. Ons gaan nog lank van jou lees hier.

    • 21 Flintie Februarie 2, 2010 om 6:01 nm

      Flippie, ek het nog duisende wat rondhol in my kop. Stemme, beelde, mense….

      So, ja, ek is darem iemand wat ‘n plan maak. Daar is altyd ‘n Sim kaart en ‘n data bundle opsie. Ek dink ek het oorreageer. My man het na werk hier aangekom, my in trane gevind omdat ek sleg voel oor die rekening. Vir my gelag omdat ek die mense groet, en dinge in perspektief gesit. ons was onder die indruk ons het december betaal op die eerste January, nou sê hulle dat hulle December bill einde january, january einde februarie, ens ens.

      sou nice wees as hulle dit kon duidelik maak voor die tyd. Nou sien ek dat die one month free toe ook nie free was nie.

      My simpelgeit.

      Het ek al genoem FOK @lantic?

  14. 22 Andrew Februarie 2, 2010 om 6:16 nm

    Jou blog is wicked 🙂 en ons sal jou mis as jy dit toemaak. Behalwe dit, dis ‘n Afrikaans gay blog en wat is nou lekkerder as om ‘n platvorm te hê waar ‘n mens ou verkramte sienings wat vas geroes lê in die Iron Age met ‘n stok kan steek? Anyway, ek hoop jy kom reg met etlentiek, ek hou duim vas en shiver al klaar with antici …… pation. 😉

  15. 24 Antie Koekie Februarie 2, 2010 om 6:25 nm

    Flintie, ek het my eie 2, en ‘n vriendin se site gebo, met honderde kere se publish to web, delete, weer publish, ens, en ek en Juan,saam, het 3 gig ‘n maand gebruik.
    Het net nie movies en musiek afgelaai nie, net navoring en publishing.

  16. 25 Antie Koekie Februarie 2, 2010 om 6:25 nm

    Sorry—– Juan het 2 sites gebou en ek, die een. Maar nogtans, 3 gig is genoeg. genuine.

  17. 28 boervrou Februarie 2, 2010 om 7:10 nm

    Woorde skiet te kort as ek moet sê hoe baie ek jou skriffels mis!Dankie Facebook!!

  18. 29 ekisanna Februarie 2, 2010 om 7:26 nm

    Sjoe, nou is ek bly ek het eers so laat by jou blog uitgekom, anders was my bloeddruk deur die dak geskrik. Ek het ‘n Vodacom MyMeg500 kontrak wat ‘n laptop insluit (dis ‘n 3 jaar kontrak en my Dell laptop het ‘n 3 jaar on site waarborg)en dit kos R459 per maand (sonder die laptop kos dit R245)en as ek nog Megs nodig het koop ek ‘n ekstra 500 Meg vir R186 of ‘n Gig vir R256. Dis seker ook nog duur maar as jy mooi werk is dit meer as genoeg en ek het nog nooit probleme met hulle gehad nie. Dis dalk nog ‘n opsie vir jou om na te kyk.

  19. 30 weglekind Februarie 2, 2010 om 7:38 nm

    Hell Flintie jy maak nie reg met my se hart nie man!!! En kyk ek het deesdae nie baie nodig om die oe uit te huil nie. Nou sit ek hier met rooi ogge en moet vir almal vertel dit is allergy en hulle kyk my aan of ek mal is wat dit is winter en daar is fokole niks stuifmeel of stof goetters wat my kan allergy geen nie.
    Ek is nou so bly jy het so oulike man. My man vertel my ook so toemmaar ons gaan ‘n plan maak en indulge my in my wense en geite. Hou styf vas en laat NOOIT los nie. Gee jou man ‘n vet soen en druk van my af. EK like hom (en jou) oor ‘n 1000

  20. 32 Xena Phoenix Februarie 2, 2010 om 7:40 nm

    Wee, ek kan julle ook nie alleen laat nie. Dan donner als in mekaar! :mrgreen:

    Flint, lyk my jy is sorted. Sit n blikie op jou site vir donasies. 😉

  21. 34 Dellie Februarie 2, 2010 om 8:05 nm

    Agteros en al daai 😳 maar as ek verskoning kan maak – dit was rerig nie ek nie, my internet was net moer stadig vandag. En ek eggo v Boerie – dankie tog v Facebook! :mrgreen:

    Flintie my ding, gaan doen jou ding daar by @lantic, en dan kom jy terug en vermaak ons verder. Jou uitkyk op die lewe is verfrissend, sonder pretensies, en ek is mal oor jou. Dis vir my nogsteeds vreemd hoe ons sommer so dadelik ‘geclick’ het, maar ek lief dit! En gee sommer daai hubby van jou ‘n klapsoen van ons af, net omdat hy verstaan hoe diep jy al onder ons velle ingekruip het.

    Jou favourite stalker 😉

  22. 35 Dellie Februarie 2, 2010 om 8:06 nm

    😯 waar is my comment nou?

  23. 40 Antie Koekie Februarie 2, 2010 om 8:34 nm

    Ek sal booties brei———— al kan ek nie ens brei nieHaHaHa!
    Kersiepit, jou freaken Drama Queen! 38, Agt-en-flippen-dertig comments net omdat jy sê: Koebaai!
    Jou kop (skies, jou hoof) is seker nou te groot vir jou size.
    But we indulge you— just please keep blogging!!!!

    • 41 Flintie Februarie 2, 2010 om 8:55 nm

      Antie Koek, as jy maar weet hoe bemoerd ek nou vir myself hieroor is. Ek moes eers gewag het. mense sal dink ek soek aandag of iets.

      • 42 Antie Koekie Februarie 2, 2010 om 9:12 nm

        Nee, my ding, ek belowe niemand sal so dink nie. Dis in elk geval PRESIES hoe ek sou optree, so dis half ‘n normale reaksie op so ‘n situasie. Ek het jou net bietjie geterg oor die stats, maar ek dink jy’t vandag (en Manlief ook)weereens besef hoe geliefd jy is. en dit sis sonder grappies.

  24. 43 Alta Februarie 2, 2010 om 8:40 nm

    Agge nee Flintie!!! Dis nou sad!! Mooi loop jy en alles wat mooi is vorentoe! 😦

  25. 44 Willie Februarie 2, 2010 om 8:57 nm

    Dude ek het nounet jou blog begin lees! Dis nog nie April nie..niks sulke jokes nie!

    • 45 Flintie Februarie 2, 2010 om 8:59 nm

      Willie, watch this space. As die ek begin teef kak @lantic. More is dit ek en hulle. Lyk darem of ek bly. Sorry my ou, dit was nie ‘n joke nie. Maar die post wat kom sal julle alles vertel.

      The Flintie way!!

  26. 46 George Maru Februarie 2, 2010 om 9:00 nm

    Gaan kyk ook by Afrihost. Hulle vra R29.00 ‘n Gig. En jy kan top up, sou jou gigs nie genoeg wees nie vir ‘n betrokke maand. Hulle het so ruk terug ‘n special gehad van R29 vir 2 Gig.

  27. 48 Bella Februarie 2, 2010 om 10:29 nm

    Ai tog flintie, ek lees jou blog elke dag, maar het nog nooit gecomment nie. Jy laat n mens groot skrik jong. Ek geniet dit verskriklik baie om jou stories te lees. Doen so voort.

  28. 50 Nanuschka Februarie 2, 2010 om 10:48 nm

    Nee Flintie, rerig, hoe kan jy dit aan ons doen! Hier le ek dood onskuldig half deur die slaap en catch-up op die blogs en die next moment lees ek die. My ding, dit was genoeg om my net daar wakker te ruk soos ek vanoggend 6 uur gevoel het, so naar ek dag ek maat dit nie toilet toe nie. Soos blits is ek voor my PC! Red wat daar te redde is, die wereld van blogging sal tot stilstand kom sonder JOU! Ek weet nog nie lekker hoe om e-mail addresse op te kyk hier nie, inbox my ASB, ek is seker ek sal jou kan help! ‘Seblief man, jy kan ons nie verlaat nie, dit is erger as dood

  29. 51 Nanuschka Februarie 2, 2010 om 10:51 nm

    Sorry, ek skrik so groot, ek sien nou eers my naam is ook daar. DUISEND DANKIES daarvoor. EK voel ge-eerd om deur iemand soos jy raakgesien te word!

  30. 52 demoerin Februarie 3, 2010 om 8:01 vm

    Sjoe, bly ek het die initial snot en trane gemis… en stap in by die meer positiewe punt in die spel – Nee hel, te veel mense hou op met blog – JY MAG NIE, ondersoek al daardie opsies. KLAAR. PUNT.

  31. 53 parkes1 Februarie 3, 2010 om 10:21 vm

    Flintie, Flintie jy kan mos dit nie aan ons doen nie!

  32. 54 Skoor Februarie 3, 2010 om 10:46 vm

    http://www.hellopeter.com

    Vertel jou @lantic storie daar!!! Hulle is klomp narre. Ek het ook meer pyn as plesier met hulle.

    Het ek JOU al gese ‘Fok @lantic’

    ?

    😆

  33. 56 BB Februarie 3, 2010 om 10:52 vm

    Ek reken jy moet dan nou maar vinnig jammer wees 😉 – of nee, at second thought – ag skat, kom eerder oorie hartseer, ok?
    In this life we need more Hello’s and less Goodbye’s, Flitsie, ok?

    • 57 Flintie Februarie 3, 2010 om 10:55 vm

      Jy sal mos ken van dramaqueens Beeps. Die rekening was een moerse skok, maar alles lyk nou weer reg. Manlief het sy magic kom doen, en alles in perspektief kom sit. Hy lag so vir my oor die post, ek voel al lus en haal hom af. 😳

  34. 58 Ingrid Marais Februarie 3, 2010 om 3:08 nm

    😥 Flint ek stuur jou ‘n posduif.

  35. 59 kaalvoetinireen Februarie 3, 2010 om 3:53 nm

    Ek is seker ons sal jou nog hier sien iewers, so nou en dan??? Hoop ek!

    Ek sweer ek sal in Korea bly net vir die internet, want dis so goedkoop en hier is nie caps en al daai akkies nie

  36. 60 koeksister Februarie 3, 2010 om 4:28 nm

    Ek kon so lank terug ‘n draai hier gooi en nou lees ek hierdie kak, ag nee my darling 😦

  37. 61 Boernig Februarie 3, 2010 om 10:40 nm

    Jitte! Op al my fav blogs is net havoc of baklei waar ek kyk. Dit gebeer mos as ek skaars my 180 pond gat draai vir vi-work!
    Djy beter skies vra oor my hart amper gaan staan het

  38. 62 Andre Februarie 4, 2010 om 8:35 vm

    Jammer om te hoor Flintie, was lekker om die kort tydjie oor jou lewe te lees! Maak maar soos ek en kry ‘n werk wat jou internet betaal! Sterkte vir alles vorentoe

  39. 63 Andre Februarie 4, 2010 om 8:37 vm

    OOPS!!! Lees nou eers deur al die comments : “Jy sal mos ken van dramaqueens Beeps. Die rekening was een moerse skok, maar alles lyk nou weer reg. Manlief het sy magic kom doen, en alles in perspektief kom sit. Hy lag so vir my oor die post, ek voel al lus en haal hom af.” BLY OM TE HOOR! YEAH!!!!!!


Lewer kommentaar op Antie Koekie Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 773 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf