Archive for November, 2009

Ai, die familie darem….

Ek onthou een kuier by my Ouma en Oupa op die plaas in Zastron, ek was seker so agt jaar oud.

Imagine my nou op die plaas.

“Donkie” wat brand vir warm water. Hanslammer wat maar net nie kon ophou om my om te spring nie. Goggas.

Koeie en ‘n Oupa wat daarop aandring ek moet melk, maar daarvan afgesien het nadat ek gevra het of poeiermelk uitkom as hulle skrik. Goggas… Lees aan ‘Ai, die familie darem….’

Nog net ‘n week.

As alles volgens plan verloop het sou ek ‘n Baywatch Babe geword het, maar ons liewe Vader het ander planne vir my gehad….

My oorlede pa was ‘n motorwerktuigkundige, ons het n Ford Cortina gery, en hy het brandewyn en water gedrink. Lees aan ‘Nog net ‘n week.’

Mevrou die President.

Ek kan nie slaap nie, so nou is ek lus vir nonsens praat. Ek het vanaand my hele blog se look verander, en vir die eerste keer hou ek van hoe hy lyk. Daar is ‘n ietsie van my daarin. Dis mos goed, is dit nie?

Nou dat dit klaar gedoen is, wil ek graag bietjie droom. Net vir so oomblik. Ek gaan President wees eendag… Lees aan ‘Mevrou die President.’

Die waarheid omtrent klets programme

Ek kwalifiseer seker teen die tyd as ‘n veteraan kletser, dis hoekom ek so gelag het vir die! Daar word soms tik foute gemaak en die sin lees dan NET so verkeerd!

Lees aan ‘Die waarheid omtrent klets programme’

Daar’s ‘n Gay Pastoor in my kop.

“Die kontroversiële saak van homoseksualiteit in die kerk vorm die kern van die boek. Die outeur het aanvanklik geweier om sy homoseksualiteit te aanvaar en was uiteindelik oortuig dat dit slegs ‘n duiwel is wat uitgedryf moet word. As jongman ontmoet hy ‘n vrou met wie hy later trou, hy word pa en ook ‘ suksesvolle AGS Pastoor in Johannesburg. Maar as mens bly hy ontevrede en onvervuld. Die hart van die storie dui hoe sy vrou van hom skei, hy uiteindelik sy homoseksualiteit aanvaar en vrede en geluk vind in sy verhouding met Johan. Lees aan ‘Daar’s ‘n Gay Pastoor in my kop.’

Ai, die familie darem…

Iets wat nogal baie in ons familie gebeur, omdat ons so naby aan mekaar bly, is spontane “Braai-Aande”. Gister aand was een van daai aande…

En so sit almal weer in ‘n kring om n tafel, “mix and match” stoele en dop in die hand. Die “diep” dinge gaan binnekort deur Oom Callie bespreek word, en my ou, glo my, dis ‘n gedoente. Van sy vorige “debates” was gewees oor die volgende:

Mercedes en Gholf word in Roslin Pretoria in dieselfde fabriek gemaak. ( Die outcome: ‘n MOERSE bakleiery) Lees aan ‘Ai, die familie darem…’

Gesigte.

Ek het so ‘n paar maande terug, vir die eerste keer werklik kennis gemaak met die swaar wat baie ander elke dag moet baasraak. Ek was geskok om te sien dat blankes ook sonder kos gaan, en in karavane sonder vensters bly. Tente. Die kyk in een ou tannie se oë het my amper tot trane gedryf. Ek het nie geweet vir wie ek moet kwaad wees nie. Lees aan ‘Gesigte.’

Gatvol.

Ek hoop ‘n ou mag vloek op n blog, want kyk hier, ek is gatvol. Lees aan ‘Gatvol.’

Drogbeeld

My lewe lank nog het ek gesoek na ‘n plekkie van rus. ‘n Skadukol waar daar lafenis wag. ‘n Koel bergstroom waar ek my voete kan was. ‘n Plek waar ek kaal kan hardloop, sing, en dans. Gelukkig kan wees. Lees aan ‘Drogbeeld’

As ‘n engel val…

Ironies dat dae verby vlieg, en dan skielik gaan staan tyd stil. Die skielike stop breek amper jou nek, en waneer jy stadig tot jou sinne kom besef jy dat jy amper niks gemis het nie. Dis soos ‘n sepie wat net aanhou en aanhou. Dalk het ek ‘n les iewers gemis, die een wat verduidelik hoekom ek hier is, Lees aan ‘As ‘n engel val…’

Pastor say:”God can’t accept you if you’re gay.”

This was what the local Pastor said to me, after I went to see him during this week. I have had a real intense want to meet with God, to find him and build a relationship with him. My issue was not with sexuality.

When did men start thinking that they know the heart of God? When did they receive that chip on their shoulders? I would have thought that the main concern would be to get me to the cross, let God decide if He wants me. I am getting married in less than a month to my partner of three years. I love him. I refuse to think that God would have made me gay, and expects me to live a life of celibacy for the rest of my days.

There may still be a few knowledgeable people who do not believe this, but practically all behavioral scientists now accept this statement as a fact. Down through history same-gender sex was universally considered to be acts by (heterosexual) people who had chosen to engage in perverted sex. Advances in the sciences, particularly psychology, in the last 100 years have shown that not all people are heterosexual; some are homosexual, and their homosexuality is an unchangeable nature, not a choice. Lees aan ‘Pastor say:”God can’t accept you if you’re gay.”’

Flintstoned

“The act of messing something up so bad to the point that it can never be fixed, such as a measurement, relationship, etc.”- Urban Dictonary”


Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 773 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf