Maandag Waarheid.

Partykeer kan mens nie teen die waarhede in die lewe stry nie. Hier begin nog ‘n week van kouse soek (waar de moer gaan kouse heen??) Skoene optel en wasgoed was wat nooit in die kas kom nie. Sien my wasgoed werk so. Dit gaan van die wasmandjie, na die masjien, na die lyn, na die strykmandjie, na die dorp, na die wasmandjie ect ect.

My kas word deur die kat gebruik as n bed.

(_) Tjorts! op die wêreld se slegste “huisvrou” !!!

P.s: Dis nou ek.

43 Responses to “Maandag Waarheid.”


  1. 1 muffia Februarie 22, 2010 om 8:26 vm

    Her job is to bitch – mine is to give her reason – I love it – lol !!!

  2. 3 Andre Februarie 22, 2010 om 8:28 vm

    Man die kous ding is ‘n algemene probleem, ek koop maar elke paar maande nuwes!

  3. 5 Antie Koekie Februarie 22, 2010 om 8:46 vm

    Miskien EENDAG, as ons almal mooi groot is en ons werk al, sal ons “Die Kousvreter” van aangesig tot aangesig kan ontmoet——- en dan wil ek die duiwelse ding BLOEDBEK slaan!
    Kersiepit, as jy so brom-brom kouse soek en skoene optel, picture net daai sexy voete van jou Liefietjie en hoe graag jy hom nou by jou sou wou hê—— dan word dit ‘n liefdestaak!
    (As sy voete bietjie “pong” kan dit die takie moeiliker maak. 😆 )

  4. 7 Bella Februarie 22, 2010 om 9:05 vm

    Flints dit gaan in my huishouding presies dieselfde. Al verskil is dat my hond die sokkies begrawe in die tuin. Alles wat hy kan dra in sy bek begrawe hy.

  5. 9 Krista Februarie 22, 2010 om 9:12 vm

    At least stryk jy nog . . .

    Ons tuimeldroeër het ‘n sokkiemonster wat 1 van elke paar kouse ontvoer . . .

  6. 13 Charms Februarie 22, 2010 om 9:20 vm

    Dis ‘n conspiracy tussen wasmasjienvervaardigers en klerewinkels.

  7. 15 Skoenlappr Februarie 22, 2010 om 9:33 vm

    FOCLMAO!! En ek dog ek is al een met ‘n Sokkiemonster in my kaste!! LOL!!

    Stefan (my seun) sê vanoggend: Mamma, ek het ‘n lang sokkie en ‘n kort sokkie vanoggend!!!
    Ek skree net: Sharrap! trek dit net aan! Mamma kry nie die ander korte of lange nie!

    Nou’t hy nogal die vermetelheid om vir my te vra wat ek dan met sy sokkies maak as ek dit klaar gewas het!

    wdf … is dit dié??!!

    Maar ek kan hulle ook nie van die Sokkiemonster vertel nie, want fokkit dan slaap hulle weer nie saans nie!! Weet julle hoe het ek gesukkel nadat ek vir hulle die Liewe Heksie video gewys het?? Griet die Perd het hulle gescar for life!

    LMIMM!!

    Kyk, ek is ook nie ‘n flinke wasgoed-mamma-vrou nie. Nee jissis, nie eens my bediende laaik dit nie! LOL!

  8. 17 demoerin Februarie 22, 2010 om 9:39 vm

    Ek dink die Sokkiemonster is bang vir my….
    Hoekom gaan jou wasgoed op uitstappies dorp toe? Dis daar waar die kouse ontsnap op soek na ‘n beter lewe 😆

  9. 18 Sharpshoot Februarie 22, 2010 om 9:58 vm

    Kouse het ‘n korter rakleeftyd as wat ons dink – hulle gaan ook op vakansie saam met die Kousvanger van Hameln – om nooit weer gesien te word nie.
    As jy in die aande wakker word van ‘n geluid maar jy weet nie wat dit was nie – gaan kyk in jou kous-laai – dis die kouse wat escape en op vakansie gaan. Hulle like dit om saam met selfoonchargers en beursies te elope….

  10. 20 Skoenlappr Februarie 22, 2010 om 10:00 vm

    hello … HELLO … HELLO!!!

    LOL!!!

  11. 22 Skoenlappr Februarie 22, 2010 om 11:09 vm

    nee man Flintie … jissie, jou gedagte-span is ook ma nie wat dit moet weesie …

    dis die sokkies in die Wielie Walie kamer se laai wat altyd so ge-hallo-hallo-hallo! het.

    Onthou jy? of is dit na jou tyd?!?!

  12. 27 Dellie Februarie 22, 2010 om 8:10 nm

    Lyk darem of jy toe Maandag oorleef het Flints. Ek my teorie is dat die sokkies na ‘n afgeleë eiland toe gaan … en heeldag sit en cocktails drink! 😉

  13. 28 Boernig Februarie 22, 2010 om 9:43 nm

    O kotstog! Vandag wou julle nie in MY sokkies gewees het nie! Hele huis is soos `n jungle(gym) Jy moet oor als klouter om in die kamers of badkamer te kom. Ek facelift bietjie die gordyne, banke en so aan en so aan. Elke bed is onopgemaak, maar ek was wasgoed. Dis Maandag en dis Wet.
    Droe klere word van die draad op die dubbelbed in die spaarkamer gemoer. Netnou roep Boerseun – hy soek `n handdoek, slaapklereen ek moet `n rugbybroekie en 2-tone kakiehemp stryk. So in die stryk, gooi ek `n slaap-t-hempie en blommetjies slaapbroek met `n blou (vir hom) handdoek. Sy selfoon lui en hy gooi sommer die hele spul half in die gang, half in ons slaapkamer. Kids is darem klaar gebad en trek sommer in my kamer aan…..en spring op die bed en natuurlik gil ek soos die huishulp wat ek nie het nie. Kids klim bo-op hul dabbeldekker beddens en Boerseun wil net weer sy handdoek optel, toe TA! sy kop so tussen die voue van die handdoek uitsteek!

    My water breek! Ek gil! Boerseun gil (vasgekeer in die kamer!) ek hol en kry `n afgemoerde besemstok in die kombuis en gooi dit so `n boog in die gang af in ons kamer in. Toe Boerseun die slang slat, toe byt hy darie handdoek moerland toe en hy los nie, nee! Dit kos die hele ding se lyf desmoers slat om die tande los te kry. Nou`s hang hy pap oor die doringdraad….

    En ek moet seker huis skoonmaak.

  14. 30 Antie Koekie Februarie 22, 2010 om 9:53 nm

    BOERNIG!!! Is jy serious? “n Slang, in die huis? Meer as net my water sou gebreek het, dit belowe ek jou!!!
    Watter soort slang? Giftig? En waar in die wêreld bly jy waar ‘n slang tot in die badkamer kan kom?
    Ek’s nie bang vir hom as hy saggies verby seil en uitgaan buitentoe nie, maar so onverwags?????
    no way, Josè!!

  15. 31 Boernig Februarie 22, 2010 om 10:31 nm

    Oeps! Amper se ek my hometown. Antie Koekie, assit nie vir die dem kerkgangers was nie, het ek gese. Dis tussen Preroria en Witbank, ne? Oppe plaas, Antie. Oppe plaas IS slange. Wel? Op ons plaas is slange. En ek seg elke dag, elke bliksimse dag, maak die deure toe vir die slange, tjinnirs! En die tjinnirs hoor nie, maar die slange hoor! En dis boenop paartyd ook! Vir die slange, nie vir my nie, Antie. Myne is lankal trug uitgehaal – die eirselsakke of weggekrimp of iets. In paartyd is die goed mos wieshuss en pik vir vokkol, vra my, want ek bly oppe plaas. Nie my eirstoksakke nie, die slange! Ek sal nooit pik vir vokkol nie. Ek pik soms kos of so iets.
    Dit lyk toe afterall soos `n molslang, Antie, maar mens speel nogtans nie rasjin roelett met so iets nie. Nou`s hy weg, sjame. Liewerster hy as ek. Simpel vokkir! Ek meen, as ek appel wou koop, sou ek Pick en Pay toe gaan. Imagine ne? As dit nie karwagte is nie, issit scaly goed wat sceme dis Paradise road, ne?

    Wat `n wonderlike aand om in my broek te kak. Absoluut fantasties.

    Dis mos Maandag.

  16. 32 Boernig Februarie 22, 2010 om 10:36 nm

    Jass, ek kan slange nie hanteer nie. Regtig. Dis nie snaaks nie. Ek het gebewe toe ek darie stok so in die gang moet afgooi. Die skuifdeur was heeldag oop en dis waar Eva se verleier ingekom het. Grilllllll

  17. 34 Boernig Februarie 22, 2010 om 10:42 nm

    Wel, met my water wat gebreek is, le my gesonde baarmoeder op die teelvloer. Ek sweer!

  18. 36 Boernig Februarie 22, 2010 om 10:45 nm

    Jirre, nou moet ek gaan slaap en die gang is lank

  19. 38 Alta Februarie 23, 2010 om 2:29 vm

    Ek het verneem dat jy paar drunk dials gedoen het. Jy het my vergeet!!!!

  20. 40 demoerin Februarie 23, 2010 om 7:29 vm

    😆 Bwahahaha, ek het nou so lekker virrie boernig gelag.

  21. 41 Boernig Februarie 23, 2010 om 9:20 nm

    Flintkind, die tjinnirs van my, ne? Niks getraumatise nie…net biki geworried oor hul Boerseunpappie. Met die lat hul so hoog slaap (voktog, amper soose bed on bricks virre tokkelosje, ne?) is slange ou nuus oppie plaas.
    Ek`t darem wee my baarmoeder kon terugdruk waar sy hoort. Nou klop dit weer 80 slae per minuut. Of issit mens se hart wat so ritmies maak…sommer so vanself?

    Gistraant se ek vir Boerseun…djirre my Boer, ek`t so hol kol op my maag gehad, ne?
    Hy skiem “uh, uh, ek dink dis meer `n geval van `n `n maag kol op jou hol.”

    Ja, wat…mens skrik mos maar ok

  22. 43 Boernig Februarie 24, 2010 om 4:44 nm

    Eh? My hart klop tjoklits?


Lewer kommentaar op Sharpshoot Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 773 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf