Archive for the 'Gay' Category

Die gay rapper.

Die gay rapper..

How to spot a gay terrorist.

I thought you might like to know “How to Recognize a Gay Terrorist”

His name is:

“YOMAMA BIN SHOPPIN”

Maandag Waarheid.

Partykeer kan mens nie teen die waarhede in die lewe stry nie. Hier begin nog ‘n week van kouse soek (waar de moer gaan kouse heen??) Skoene optel en wasgoed was wat nooit in die kas kom nie. Sien my wasgoed werk so. Dit gaan van die wasmandjie, na die masjien, na die lyn, na die strykmandjie, na die dorp, na die wasmandjie ect ect.

My kas word deur die kat gebruik as n bed.

(_) Tjorts! op die wêreld se slegste “huisvrou” !!!

P.s: Dis nou ek.

Noisettes

Daarsy, ek het n vol naweek agter die rug, gevul met drunk-dailing en sms’e verkeerd lees in ‘n toestand van tipsyness.

Die sms wat ek kry lees as volg:

“Soek jy my mamma”

Ek antwoord:

“Ek is nie jou mamma nie, ek is ‘n oom”

En toe kom die antwoord:

“Ja oom ek is jou mamma”

😳

Anyway, dis ‘n nuwe week. Hier is my  song spesiliniaal net vir julle!

Wat is jou Isak?-Beth-Haran Ministries Potchefstroom

Die volgende is uitgestuur deur Louise Grobler, met haar toestemming lê ek dit vandag voor julle. Sy is betrokke by die Beth-Haran Ministries in Potchefstroom.

So, wat is JOU Isak?

Hebr 11:17-19

Die verhaal van Abraham en Isak klink soos iets uit ‘n spannende draaiboek.
Pa en seun klim die berg. Die seun dra die hout.
Die seun vra vir sy pa: Pa waar is die lam vir die offer?
Die pa antwoord met ‘n strak gesig: God homself sal die lam voorsien my kind
Die pa bou die altaar. Die seun help bou aan die altaar.
Die seun besef skielik wat sy pa beplan.
Sy pa bevel hom om op die altaar te gaan lê, en hy gehoorsaam.
Sy pa bind hom op die altaar vas
Die seun lê en ruk van inspanning op die altaar, terwyl hy die dood in die gesig staar.
Die pa lig die mes in die lug reg om sy seun se lewe te neem, en daarna sy lyk op die altaar te verbrand.
Skielik is daar ‘n ander stem wat praat en sê: STOP! Moenie die seun seermaak nie Kyk in die bos sit ‘n ram vas. Neem daardie ram en offer hom aan my.
Die pa maak dan sy seun van die altaar los en offer die ram in sy plek tot God.

Hierdie dag was Abraham se grootste beproewing ooit. Sy geloof was deur en deur getoets.

Baie van ons ervaar innerlike konflik met dit wat God van Abraham verwag het. Hoe kan God wat ‘n God van liefde is, van Abraham verwag het om sy eie kind, sy eie seun dood te maak?
Ons raak ongemaklik, en ons wonder wie hierdie God is wat van Abraham verwag het om sy kind prys te gee.

Kan jy jouself indink wat God werklik van Abraham verwag het. Die ondenkbare hartseer van ‘n ouer om ‘n kind aan die dood af te staan. Nog erger, om vir sy dood verantwoordelik te wees.

Genesis 22:1-2 sê vir ons waarmee God Abraham se gehoorsaamheid getoets het.
” God sê vir hom: Neem jou seun, jou enigste seun, ja vir Isak wat jy so liefhet, en gaan na die land Moria. Offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat ek vir jou sal wys”

God sê neem jou enigste seun. Abraham het nie net een seun gehad nie, daar was ook Ismail.
– Maar Isak was die beloofde seun
– Die verbonds-kind
– Die seun uit wie se se nageslag die verlosser sou kom
– Die seun vir wie Abraham en Sarah 25 jaar gewag het
– Die seun wat Sarah verwag het toe sy amper 100 jaar oud was
– Die seun vir wie Abraham innig lief gehad het

Daar was geen twyfel oor God se bedoeling nie.
– God wou hê Abraham moes met sy seun reis na Moria en ‘n klip altaar daar bou
op een van die berge.
– Hy moes dan ‘n laag hout op die altaar neerlê, en dan sy seun op die altaar
vasbind.
– Dan sou Abraham die mes vat en Isak se keel afsny op dieselfde wyse as wat
hy met ‘n ram sou doen wat geoffer word.
– En laastens sou hy die hout aan die brand steek, sy seun se brandende liggaam
aan God as ‘n offer bring.

Abraham het twee maniere gehad waarop hy kon reageer:
Hy kon God gehoorsaam wees of nie. So eenvoudig soos dit.
Om God se arm te probeer draai is om ongehoorsaam te wees.
Om ‘n alternatiewe plan voor God te bring is om ongehoorsaam te wees.
Om God se bevel te verontagsaam is om ongehoorsaam te wees.

God het vir Abraham die belofte gegee dat hy die vader van menigte generasies sou wees, en dat ‘n groot nasie deur Isak se nageslag sou kom. Maar dit sou nie gebeur het met ‘n dooie Isak nie.

Die bevel en belofte van God staan lynreg teenoor mekaar:
God belowe vir Abraham ‘n nageslaag deur sy seun Isak.
God beveel Abraham om vir Isak te gaan offer.

As Abraham vir Isak doodmaak, dan is daar nie ‘n Isak deur wie sy nageslag gebore kan word nie. Hoe werk dit dan?
Abraham het nie geweet hoe nie, maar hy het geweet dat God nie sy belofte aan hom sou verbreek nie.

As ons werklik geloof in God het, dan glo ons net eenvoudig dat God sal doen wat hy belowe het. Die ‘HOE’ is total en al in God se hande.

Allow God to be God to work out the how.

Hoe het God sy belofte nagekom aan Abraham?
Deur die ram te voorsien om as offer gebring te word in die plek van Isak.
Het Abraham dit vooraf geweet voordat hy vir Isak geoffer het? NEE
Hy het God met sy hele hart vertrou dat Hy sy belofte sou nakom, selfs al beteken dit om sy seun Isak weer uit die dood uit op te wek.

Genesis 22 vertel die verhaal van wat ‘n man sal doen uit liefde vir sy God.
Die 4 evangelies in die nuwe testament vertel ‘n verhaal van ‘n God en wat Hy sal doen uit liefde vir sy skepsels.

Abraham het sy seun geoffer.
God het sy seun geoffer.

Isaak het die hout gedra.
Jesus het die kruis gedra.

Isaak was op die altaar neergelê.
Jesus was aan ‘n kruis vasgespyker.

Abraham was gewillig om sy seun dood te maak.
Dit was die wil van God dat Jesus moes sterf.

The ram was geoffer in die plek van Isaak.
Jesus was geoffer in die plek van sondaars.

Isaak het as te ware uit die dood uit terug gekeur.
Jesus het uit die dood uit op gestaan.

Die verhale van Jesus en Isaak stem baie ooreen met mekaar, behalwe dat daar in Jesus se geval toe hy aan die kruis gehang het, nie iemand was wat geskree het: STOP! Moenie hom seermaak nie, daar is ‘n ram in die bos wat geoffer kan word nie. Jesus was die lam wat geoffer moes word vir my en vir jou.

So wat is ons veronderstel om te leer en te kry uit die verhaal van Abraham en Isak?

Gen 22:16 se: Jy het jou geliefde seun nie van my weerhou het nie.
Ek het jou gevra om jou mees kosbaarste besitting aan my te offer, en jy het dit vir my gegee.

Menigte van ons word keer op keer teen die berg van Moria gelei en gevra dat ons dit wat vir ons kosbaar is aan God offer, want dit het te belangrik geword in ons lewens. Dit het ‘n afgod in ons lewens geword.

God kyk na ons, en sê: neem my hand en ons sê: Ek kan nie God, my hande is vol goed wat U vir my gegee het. En God se weer neem my hand.
En Ons skree: Nee, Ek kan nie, dis te moeilik! Moet asb nie verwag dat ek dit moet opgee nie!

God in sy goedheid bring ons elke keer terug na die berg van Morai, na die plek van sacrifice. Die plek van offers bring.
Die plek waar ons alles wat so belangrik geword het vir ons op die altaar voor God neerle en sê: Al hierdie goed, behoort aan U.

Dit wat jy nie bereid is om op die altaar neer te lê nie, beheer jou lewe.

Die goed wat vandag in jou hande is wat veroorsaak dat jy nie God se hand kan vat nie, kan geld wees, jou familie, facebook, jou werk, jou lewensmaat, jou kind, jou tyd, jou vriende, jou drome, jou talente, selfs die kerk.

Dis tyd dat ons ons hande oopmaak en laat gaan aan al hierdie dinge wat so belangrik geword het vir ons., en God se hand vat om verhouding met hom te bou.

Wat is jou Isaak wat jy op die altaar neer moet lê vir God?

Menigte van die afgode wat God wil hê ons moet laat gaan, is goeie goed in ons lewens. Dit is nie evil of slegte goed nie. Dis goeie goed wat net te belangrik in ons lewens geword het. Goeie goed wat ons goed laat voel, en veilig laat voel.

Daar is niks daarmee fout om ‘n familie te hê, kinders groot te maak, geld te maak of vriende te hê nie. Dis alles goed.
Maar weet dat juis die goeie goed, die potensiaal het om ‘n afgod in jou lewe te word.

Die challenge in die verhaal van Abraham en Isaak is: Om die dinge wat God in die eerste plek vir God gegee het, weer terug aan God te gee. Sodat ons in verhouding met Hom kan loop.

Wanneer ons met God stoei, en so desperaat probeer vasklou aan die dinge wat vir ons so kosbaar is, dan is dit moeilik om God se liefde en goedheid in alles raak te sien.

God weet beter as ons: Hy weet dat solank daar dinge in ons lewens is waaraan ons vashou, dit die potensiaal het of skeiding te veroorsaak tussen ons en God.

Wat is jou Isaak wat jy op die altaar neer moet lê?
God het die belangrikste ding in sy lewe vir jou neergelê op die altaar.
Sy enigste seun. Is jy bereid om dieselfde vir God terug te doen?

Mark 8:36 ‘ Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees lei skade?

Groete
Louise

Spuitpoep

Ek dink dit was op Dellie se blog wat ek die woord “spuitpoep” onlangs raak geloop het. Of was dit iewers in die kroeg? Dis nou al ‘n week at ek met die woord in my kop rondloop. As iemand op skype tik: “ek k@k in my broek” vra ek: “spuitpoep?”

Spuitpoep is die nuwe woord op my tong, darem net in woord.

Manlief vra: “Waaraan dink jy so?”

Ek sê: “Spuitpoep”

“Huh?”

“Spuitpoep, ek dink aan spuitpoep” sê ek

Hy trek die cell nader, dalk moet daar gebel word vanaand. Met my weet mens nooit.

My sus bel en vra hoekom ek so stil is. Ek vertel haar.

“Ek dink die heeltyd aan die woord spuitpoep”

“Is jy ok?” vra sy “Jou maag nie lekker nie of iets?”

“Nee, dis die woord” sê ek.

“Die woord?” vra sy

“Ja”

“Jy weet daar is dementia in die familie nê” sê sy.

“Huh?” vra ek.

“Boetie is jy oraait?”

“Ja, jy sal nie verstaan nie.”

En dan so gaan sy toe ook weer haar gang, en ek top verder oor wat ek moet doen omtrent spuitpoep want ek kan dit nie soos ‘n vaandel voor my dra daar waar ek gaan nie. Ek loop kerk. Mense ken my.

So ok, ek het dit nou uit my sisteem probeer uitwerk. maak julle nou maar iets van die spuitpoep ding want fok weet, ek kan nie meer nie….

P.s: Mag die een wie spuitpoep op my skerm laat verskyn het se tone vir altyd geverf word met cheap lalola cutex.

Blog Addiction?

Ok, ek begin iets ontwikkel.

Ek loop  met ‘n swart nota boekie rond en skryf dinge neer, bang ek vergeet dit. Dis dinge waaroor ek wil skryf. ‘n Dag gaan verby wat ek nie skryf nie en ek voel nie goed nie. Asof niks gedoen is die dag nie, al het ek alweer gestofsuig, weer die katbak skoon gemaak (kak job daai), julle kry die prentjie…

Dis asof daar ‘n duisend stories vlak onder my vingers wegkruip. Hoeveel keer kom sit ek hier en staar net na die skerm? Die storie kom net nie, dan skielik kry ek stories wat myself verbaas en ander is net plein gemors.

Die gogga het gebyt, maar wat is skryf sonder die “comments”. Dis dit wat dit lekker maak.

Julle moet ‘n mooi dag hê, en dankie vir die ondersteuning. (Ek weet julle kom lag net vir hoe ek spel :mrgreen:  )

The Perfect Male

Ouma hou basaar- Deel 1

‘n Befokte entjie mens gewees daai Antie Geyer. Almal het haar so genoem, tot my ouma. Ek onthou net pap soene en die reuk van vicks wat swaar deur haar huis hang. Ek onthou sy het Bovril gedrink uit ‘n blikbeker uit. Haar blomtuin was spatsels van geel en rooi, en het gestink soos net ‘n afrikanertjie blom kan.

Sy het so op elke tweede slaan van die klok ‘n oomblik weg geraak in haar dolheid en dan moer sy haar knieg so hard dat die honde wip en begin blaf. Sy het nooit geweet waar haar tande is nie, en later het sy opgegee om te probeer onthou.

Jy het mos nie tande nodig vir Bovril nie.

Sy het ‘n bolla gedra, so grys soos die wolke op ‘n kaapse winters oggend. Haar liggaam so stewig soos die berg homself. Sy was ‘n natuur toneel wat gevloei het van vegete tyd tot nou. Saam met haar het sy stories gebring. Die stories was nie altyd die soort wat ons vir ons kinders vertel nie. Sy het Dallas se stories vertel sonder advertensies of “bleeps”.

Enige matroos kon sy onder ‘n tafel invloek, maak haar net kwaad genoeg. Ure daarna sit en kla sy dan oor of die ouderling langsaan haar gehoor het.

Sy kon glad nie konfyt inlê nie, maar kon sy bak! Hertzoggies en Botterkoek. Heuningkoek en die enigste Vrugtekoek wat ek nog ooit kon sluk sonder om gesig te probeer koop, was die een wat sy gebak het. Vrot van die brandewyn, jou asem skoon weg geslaan.

En dit bring my dan by wat ek eintlik vandag wil vertel.

Antie Geyer was my ouma se buurvrou. Nou kyk, my se ouma is nie die ou tannie met die “blue rinse” nie. My ouma is die laaste van haar soort. Sy is 70, en blond, speel kaart elke Woensdag by die Hotel, en drink Cape Velvet. Sy rook Craven A Slim en verf haar naels en lippe dieselfde rooi as die strepie in haar kuif.

Toe dit Kerk-Basaar tyd word, toe vra sy maar vir ou Antie Geyer om vir haar te bak. En dit doen sy toe ook. Vrugtekoek.

So staan al wat ‘n ou tannie is ook toe nou die dag daar om die beoordeelaars tafel. Dis net “zimmerframes” en “greencross” waar jy kyk. Laas jaar se wenner moet die nuwe wenner aanwys.

My oumsie skuif so mooi agter haar koek in, almal dink mos sy het hom gebak, en die tannies proe-proe so by die ry af.

Ten laaste kom hulle by my ouma uit. Die tannie vee haar vurkie af met n sakdoek, en breek ‘n stukkie van die koek af daarmee. Sy proe.

My ouma frons en lê so bietjie oor die tafel om iets beter te sien.

“Hannie, wat op aarde, daar is ‘n setpil in jou oor!” sê ouma.

“Goeiste!” sê Tannie Hannie en haal die setpil agter haar oor uit.

Sy staar so rukkie na hom en sê: “Goeiste tog, nou weet ons seker waar ek my “hearing-aid” moet soek….”

Kom ons help ‘n bietjie. Gay Uganda Genocide

Dear friends,

Uganda’s parliament is preparing to pass a brutal new law that would punish gay people with prison — even death.

Initial international criticism drove the President to call for a review. But after a well-funded and vicious lobbying effort by extremists, the bill looks set to be passed — threatening widespread persecution and bloodshed.

Opposition to the bill is rising, including from the Anglican church. Ugandan gay rights advocate Frank Mugisha writes, “This law will put us in serious danger. Please, sign the petition and tell others to stand with us – if there’s a huge global response, our government will see that Uganda will be internationally isolated by the proposed law, and strike it down.”

With the decision expected in days, only an irresistible wave of worldwide pressure will be enough to save Frank’s life and many others. Let’s build a huge petition to stop the gay death law — click here to take action, then forward this email:

The petition will be delivered to President Museveni, members of the review committee and Ugandan embassies worldwide this week before it’s too late, as well as to key donor governments.

The bill proposes life imprisonment for anyone convicted of having same-sex relations and imposes the death penalty for “serial offenders”. NGOs working to prevent the spread of HIV could be imprisoned for up to 7 years for “promoting homosexuality”. Even members of the public face up to three years in jail if they fail to report homosexual activity to the police within 24 hours!

The bill’s advocates claim that it defends national culture, but its strongest critics come from within Uganda. The Reverend Canon Gideon Byamugisha is one of many who’s written to us – he says,

“It is violating our cultures, traditions and religious values that teach against intolerance, injustice, hatred and violence. We need laws to protect people — not ones that will humiliate, ridicule, persecute and kill them en masse.”

By rejecting this dangerous bill and supporting the breadth of opposition to it, we can help set a crucial precedent. Let’s build massive support for Uganda’s human rights defenders, and save lives by stopping this bill — sign now here, then tell friends and family:

With hope and determination,

Alice, Ricken, Ben, Paul, Benjamin, Pascal, Raluca, Graziela and the whole Avaaz team

SOURCES

African letter to Ugandan President to throw out Anti-Homosexual Bill:
http://www.africafiles.org/article.asp?ID=22761

Ugandan church leader brands anti-gay bill “genocide”:
http://www.guardian.co.uk/katine/2009/dec/04/gideon-byamugisha-homosexuality-bill

Human Rights Impact Assessment of Uganda’s Anti-homosexuality Bill By Sylvia Tamale, The Dean of Law at Uganda’s Makerere University:
http://www.zeleza.com/blogging/african-affairs/human-rights-impact-assessment-ugandas-anti-homosexuality-bill-sylvia-tamal

Gay honeymoon joke- Uit die boks.

Fred and Larry got married in California.
They couldn’t afford a honeymoon so, they go back to Fred’s Mom and Dad’s house for their first married night together.
In the morning, Johnny, Fred’s little brother, gets up and has his breakfast.
As he is going out of the door to go to school, he asks his mom if Fred and Larry are up yet.
She replies, ‘No’.
Johnny asks, ‘Do you know what I think?’
His mom replies, ‘I don’t want to hear what you think! Just go to school.’
Johnny comes home for lunch and asks his mom, ‘Are Fred and Larry up yet?’
She replies, ‘No.’
Johnny says, ‘Do you know what I think?’
His mom replies, ‘Never mind what you think! Eat your lunch and go back to school ‘
After school, Johnny comes home and asks again,
‘Are Fred and Larry up yet?’
His mom says, ‘No.’
He asks, ‘Do you know what I think?’
His mom replies, ‘OK, now tell me what you think.’
He says: ‘Last night Fred came to my room for the Vaseline and I think…… I gave him my airplane glue.’

Flintie leer sy naam.

Ek was sestien.  En sestien was ‘n groot jaar vir my gewees. Ek kon ‘n wit hemp skool toe aantrek, en moes skoene dra. Ek was nou ‘n “senior”  en het geblok eksamens. Ons kon pouses hande vashou, maar dit was ‘n fokop vir obvious reasons, cause why, ek en Thys Luddick was amper geskors daaroor,

Dit was ook die jaar wat ek uitgevind het my naam is nie Moerstkont nie.

En dit was een moerse skok vir my gewees.

Dit en die feit dat ek moes aanvaar die tieties gaan nooit kom nie, en ek sal MOET begin baard skeer. Dit was loutere hel.

Die een dag, Biologie klas, ek onthou…

Mnr. Mulder was die onnie. Jong blok van ‘n man, en ek bedoel nou blok in die goeie manier. Altyd die mooiste “chinos” gedra, met so ‘n swaar leer belt. Ek onthou ongelukig nie so baie van sy gesig nie. Wonder hoekom?

Maar sy stem onthou ek.

“MOerstkont, vir wat laat jy die padda gaan?”

“Hy was bang mnr.”

“Bang se moer man, vang die ding en bring hom terug”

“Nee mnr.”

“MOerstkont, ek praat nie weer nie”

Ek wonder of hy so rooi word as hy…

…toemaar.

“My naam is Flintie mnr.”

Gits, lyk die ding pop ‘n aar, en daar trek hy los met wat ons almal altyd verstom het.

Hy trek los met iets wat klink soos die Oxford van aaa tot zzz aamekaar.

“P” uitgesluit want jy moet jou mond toe maak vir die klank.

Nou kyk, waar ek vandaan kom, skrik ons nie vir hard praat nie. Gebore kapenaar wat ek is, 13 verskillende skole in my skool loopbaan van 12 jaar. Hard praat maak my net doof.

Anyway….

Ek sê toe maar vir hom hy het die “t” vergeet, en toe kak ek.

Ai, en dan Mnr.Stonehouse. Hy was my drug. En hy het my gelike soos wat ”n Boer ‘n moffie like. Fokkol. Niks wat ek ooit gedoen het was reg nie. My kas se deur was onderstebo, en afgewerk met ‘n staal vuil. My sketse was skeef “Net soos jy Moerskont” het hy altyd gesê.

Net so skeef soos ek.

Hy het nooit geweet ek het altyd gedink hy is die epitoom van ‘n pa nie. Iemand wat jou sou kon laat veilig voel nie.

Hy was ook die Rugby man, en moet ek vertel? Dit was net plein fucked-up.  Ek kon netsowel gaan lê het sodat almal oor my hardloop en klaarkry. Twee los tande later het ek besluit vok die liefde, ek gaan speel trompet.

Die eerste keer wat ek daai stuk koper in my hande vasgehou het, het ek geweet…

Nou het Flintie ‘n stem, en niemand sal ooit weer sê ek is nie goed genoeg nie.

Ek het my hart uitgespeel. In operettas begin sing. Mense het verander. Nou was daar applous. Die les was geleer, entertain, entertain, entertain…

Swak les, maar eg in sy naaktheid van die wreedheid waarin baie jong mense soos ek moes en steeds wandel.

Flintie het geleer.

Moerstkont het gesterf.

As jy wil staan, fokken mik reg…

Toilet Paper

Whats dumb?

Instructions on toilet paper.

Whats dumber than that?

Reading them.

Whats even dumber?

Reading them and learning something.

Dumbest of all?

Reading them and having to correct something you’ve been doing wrong.

Net ‘n klein “huisvrou” ranting teen dronk bliksems wat nie kan mik nie.

Jy het ‘n loop tjom, gebruik die fokken ding asseblief om te mik.

Fok man, weet julle wat doen JIK aan mens se hande?????

Ek meen werklik.

Mans….

Elke bord verg ‘n gebed.

Kyk, toe ek saam my man begin bly het drie jaar terug was ons gelukkig nog by sy ma. Ek kon vir ‘n jaar wegsteek dat ek soos my gat kos maak, en die naaste wat ek daaraan gekom het was braai. Nou ons almal weet dat braai ingebore is in ons. Ek kan nie dink dat iemand my ooit leer braai het nie, dit het vanself gekom. Net soos masturbasie.

Anyway, my moeder was al gewoond aan oproepe nege uur in die aand met my wat nou eers vra hoe kry ek die sout uit my mince uit. Sy het gesê potato sal dit reg maak. Ek het sakke in gesny, gerasper en gemash. Lot se vrou se moer. Dit het geproe soos beeste se soutlek.

Manlief het ge-eet. Borde vol terwyl ek ‘n broodtjie afgesluk het.

Pap, so rou dit proe of jy kluite kou. En moet nie eers dat ek begin met my bak pogings nie. Een woord…

Fokkop.

Die twee keer wat ek gebak het was as volg. Die eerste keer moes ek dit vir die honde gee. Drie dae later het hulle nog getjank  as ek verby stap. Die tweede keer het hulle weg gekruip vir dae toe ek ‘n bakplaat uit die kas haal. Ek het die boodskap gekry, maar wou nie luister nie.

Toe besluit ek, ok, ready-mix, dis nou al genade. Nee wat, een woord…

Fokkop.

Die honde het opgehou om my te lek of stert te swaai as ek naby is na daai een. As ek net vir myself opskep maak hulle gatskoon. Dit breek my hart. Nogtans het manlief elke keer genoeg ge-eet , en nog ‘n bietjie.

“Toemaar dis nie so bad nie” sê hy altyd.

Hmmm, hy dink ek sien nie hoe sy oë rek met elke hap nie. Gits hy drink soms die Vaaldam leeg met elke bord.

Die goeie ding is dat na so paar maande van my in die kombuis, begin ons toe maar bid voor elke bord. Geloof trek jou  deur donker skaduwees, en my man leef nog.

Vanaand toe is dit ek en shrimp, watefokop, proe soos plastic. Manlief het ge-eet, twee borde vol en ek moet nog besluit op kaas of boerwors “two minute noodles” vir myself.

Julle moes die misnoë in sy ogies sien toe ek hom ‘n derde skep aanbied. :mrgreen:

Dom vraag.

Nou die dag gaan koop ek ‘n sak EPOL hondekos by Pick ‘n Pay en terwyl ek so
in die ry staan, vra ‘n vrou agter my of ek ‘n hond het.

Sommer aspris, sê ek vir haar: Nee, ek het nie ‘n hond nie – ek begin weer met die EPOL diëet.
Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan:

“Eintlik weet ek dat ek nie weer op die diëet moet gaan nie, want laaskeer het ek in die hospitaal
beland – wakker geword in die intensiewe eenheid met pype wat uit elke
gaaitjie in my lyf kom . Maar ek het 22kg verloor en dit was die moeite
werd.”
Ek vertel haar dat die EPOL diëet eintlik volledig voedsaam is met al die
vitamienes en minerale wat mens nodig het. En dis so maklik!

Al wat jy doen is om jou broeksakke vol te maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee
wanneer jy ookal honger voel.
Teen hierdie tyd luister al wat ‘n persoon is na my storie – veral die ou
wat agter die vrou staan.

Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van
voedselvergifting.

Ek antwoord toe: “Nee, ek het in die straat gesit en my gat lek, toe ‘n
kar my raakry!”

PS: E-pos se dinge die.


Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 773 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf