Ai, die familie darem….

Ek onthou een kuier by my Ouma en Oupa op die plaas in Zastron, ek was seker so agt jaar oud.

Imagine my nou op die plaas.

“Donkie” wat brand vir warm water. Hanslammer wat maar net nie kon ophou om my om te spring nie. Goggas.

Koeie en ‘n Oupa wat daarop aandring ek moet melk, maar daarvan afgesien het nadat ek gevra het of poeiermelk uitkom as hulle skrik. Goggas…

‘n Perd wat weier om te loop nadat ek drie ure lank gesukkel het om op te kom. ‘n Wond teen my linker slaap (‘n pik het van sy steel af gekom). Goggas…

Gelukig het Ouma ‘n ou bad vol skoene gehad. Daar was hoedens ook. En ek kon vir ure en ure myself daarbinne vermaak. Ouma het my geleer jy rook nie naby jou haarsproei nie, en sy het my haar lang Craven A’s Slims laat aansteek. Sy het saam met my gestem as ek haar daarop gewys het dat die trekker se blou baie lelik is, en iets met blomme mooier sou wees.

Ouma het nie gesê ek is mal omdat ek vir die hoenders kerk hou nie, en sy het my gered toe ‘n rabid makou my wou opvreet. My ouma was ‘n diva in haar hart. Sy het altyd XXX mints in haar sak gehad, en ek kon altyd die icing uit die bak uit eet.

Ek en ouma het ‘n jol gehad.

So kom Oupa eendag van die lande af terug en vang  my in 6″  Stilletos met ‘n bypasende rooi “pageboy” hoedjie. Handsak oor die skouer, op pad vir tee in die kombuis saam met Ouma en die Ousie. Oupa het my so gekyk en begin vloek. Ouma is agterna om te kalmeer. Ek het maar gaan verder tee drink.

Soos wat ek daar sit kom hulle terug en Oupa sê vir my dat dit nie mooi is nie. Ek moet meer buite speel.

“Wat van die Jannie seun? Gaan haal hom more om hier te kom speel” sê Oupa

“Nee” sê ek.

“Hoekom nie? vra Ouma.

Ek het my koppie mooi neergesit, sonder dat hy raas op die piering. My hoed afgehaal en saggies langs my neergesit. Hulle in die oe gekyk en gesê:

“Want die grootste deel van sy gesig is neus”

Stilte.

Ouma het saggies begin lag, en Oupa is baie vinnig daar weg met sy koffie “workshop” toe.

26 Responses to “Ai, die familie darem….”


  1. 1 Exotica November 30, 2009 om 8:11 vm

    Ai FlintStoned. Ek het lanklaas so lekker gelag soos toe ek die storie lees. Hoe de hel bly jy vir ‘n kind kwaad as hulle sulke oulike sê-goed kwytraak. Dankie vir die storie. Dis min wat ‘n mens vandag kan lag oor onskuldige goed.

    Lekker slapies aftel. Dis amper verby. En glo my, jy sal nie spyt wees nie. Niks is lekkerder as om getroud te wees nie.

    Groete
    Exo

  2. 3 Girl van die Suburbs November 30, 2009 om 9:13 vm

    Ag hoe cool is dit… jou ouma het jou laathuis-huis speel…sy het seker maar geweet?

  3. 5 mnr.muller November 30, 2009 om 9:28 vm

    hahaha! lol 😛
    …geniet jou troue!

  4. 7 demoerin November 30, 2009 om 10:01 vm

    …grootste deel van sy gesig is neus…. bwahahahahahahaa

  5. 10 flintstoned November 30, 2009 om 12:58 nm

    Bly julle het dit geniet!!!

    Dankie vir die geluk wense!!!

  6. 11 demoerin Desember 3, 2009 om 11:01 vm

    Sjoe…. ek kan nie lekker tel nie. Nog 1 dag ❓
    Wel sterkte elk geval… en gaan GROOT!! Heeehaaaa, ek ek wens jou ‘n naweek gevul met SOGS toe!

  7. 12 Girl van die Suburbs Desember 3, 2009 om 11:28 vm

    Leef jy nog kersiepit?

    Jy is so stil ek is bang jou senuwees het ingegee!

  8. 16 boervrou Desember 3, 2009 om 4:00 nm

    So more is trou….of hardloop!

  9. 18 demoerin Desember 4, 2009 om 7:16 vm

    Asem innnnnnn
    Asem uittttttttttttt
    Asem innnnnnn
    Asem uittttttttttttt

    …. alkohol en pilletjies help ook as die asemhalingsoefeninge geen effek toon nie 😆

  10. 20 Girl van die Suburbs Desember 4, 2009 om 10:01 vm

    Sterkte gesiggie!

    Die keuse is klaar gemaak en die is nou net ‘n formaliteit!

    So what as die koek skeef is, jou tiara ‘n steentjie kort of jou mani ‘n fokkop is….

    Jy sweer trou aan jou hart se punt… dis al wat tel!

  11. 21 flintstoned Desember 4, 2009 om 1:14 nm

    Ek het oorleef!!

    My lewe begin vandag!

  12. 23 boervrou Desember 4, 2009 om 3:02 nm

    En….? Waas die pics? Waas die skindernuus? Waas my stukkie koek!!?

  13. 26 Reseller Hosting Januarie 5, 2010 om 12:05 nm

    Your blog keeps getting better and better! Your older articles are not as good as newer ones you have a lot more creativity and originality now keep it up!


Lewer kommentaar op boervrou Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 773 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf