Kort geskiedenis van die gay vlag.

Ons GAY vlag. Die Reënboog Vlag ( of Gay Pride ) Vlag was onwerp deur die kunstenaar en “vexillographer” Gilbert Baker. Die Vlag se debuut was op die Gay en Lesbian Vryheidsdag in San Francisco 1978.

Ons Trots

Die oorspronklike vlag het 8 strepe gehad:

Pink “Sexuality”

Red “Life”

Orange “Healing”

Yellow “Sunlight”

Green “Nature”

Turquoise “Magic”

Indigo/Blue “Serenity”

Violet “Spirit”

Binne die eerste jaar het die vlaggie twee van haar strepe verloor nl. die pienk en violet een. Gilbert se rede was dat hulle uit pienk kleur mengsels uit gehardloop het, en die violet was weg gevat om ‘n ewe getal strepe op die vlag te verseker.

Van toe tot nou is baie variasies van die vlag ontwerp. Daar was bv een met ‘n swart streep wat simbolies was vir almal wat ons al verloor het aan Hiv/Aids in ons gemeenskap (en so ook die bewusmaking van die epidemie). Daar is vlae met ander kleure by wat die Bi en Transgender elemente van ons kultuur ook insluit.

Ek lees op baie plekke dat die vlag aanvaar word deur die“International Congress of Flag Makers”, maar dit blyk dat dit ‘n organisasie is wat nie bestaan nie. Die probleem het ingesluip tydens ‘n perskonferensie. Nogtans het die vlag regoor die wêreld deel van die gay kultuur geword, en selfs hier in Suid Afrika is dit ons “Pride” simbool. Ons kom bymekaar onder die vlag.

Dis ‘n aanpasbare vlag wat nie diskrimineer nie. Dis ‘n internasionale vlag. Dis ‘n mooi vlag. Dis ‘n gelukkige vlag.

11 Responses to “Kort geskiedenis van die gay vlag.”


  1. 1 Xena Phoenix Desember 17, 2009 om 11:22 vm

    😉 Beslis ‘n aanpasbare vlag.

    Ek wonder hoe sal ‘n straight vlag lyk?

  2. 5 Xena Phoenix Desember 17, 2009 om 11:23 vm

    Hoekom mag net die ander span ‘n vlag he! Dit is unfair. Ek gaan spanloos wees tot elke span ‘n vlag het. (Klink ek nou amper soos Charlize)

  3. 7 Girl van die Suburbs Desember 17, 2009 om 2:48 nm

    Cool… Ek het nog altyd gewonder wat is die simboliek agter elke kleur…

  4. 8 flintstoned Desember 17, 2009 om 6:37 nm

    Turquoise “Magic” —- wtf?

    Die res is cool, ek moet bieg ek het ook nie geweet waarvoor die kleure almal staan nie, maar dis seker die mooiste vlag wat ek al gesien het (en dit was so voordat ek die simboliek geken het) Dit gee my so ‘n “gay” gevoel, die keer bedoel ek gay soos in happy. 🙂

    P.s: Ek is verbrand van roei op die dam 😦

  5. 9 Girl van die Suburbs Desember 21, 2009 om 5:27 nm

    sonbrandroom….. sonbrandroom….. sonbrandroom meisie!!! 😯

    Dis goed vir die gelaat… 😉

    Watse dam was jy by?


  1. 1 Kort Geskiedenis Van Die Gay Vlag. | Sex Crazed Maniacs Terugskakeling op Januarie 10, 2010 om 11:32 vm

Lewer kommentaar op Girl van die Suburbs Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 773 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf