Dertien dinge wat julle nie van my weet nie…

Ok, so Sonkind het my getag, en ek moet nou dertien onbekende dinge omtrent myself vaspen. Dit kan nogal wild raak, so hou vas aan julle broekies meisies….

1. Ek is gay 😛 (grappie, dis moeilik om te mis)

Hier is hulle…

1. Ek dra nie sommer skoene nie.

2. Meisies vra my in die clubs of ek straight is, en dis die heilige waarheid.

3. My gunsteling rooster broodjie is appel en kaas op bruinbrood.

4. My hond se naam is Thandi, my  vis se naam is Kat, en my apie se naam is Gogga. (Daar is die wat dit vreemd vind)

5. Die hardste wat ek ooit geslaan was, was deur my meisie op skool toe ek haar vertel die “ander vrou” is haar ouer boetie…

6. Die tweede hardste wat ek ooit geslaan was, was toe ek vir haar boetie drie maande later sê die “ander ou” is sy Oom…

6. Ek kyk net rugby vir die skrums.

7. Ek het altesaam vyf tatoeer merke. Een op my linker skouer, twee op my regter bo-arm, en een onder my naeltjie (daar is ‘n rede dat ek nie die vyfde se lokasie aandui nie 😉 )

8. Ek het ‘n gaatjie in elke oor, en een deur my tong.

9. Ek het eenkeer ‘n wiel probeer omruil langs die Malibongwe snelweg, en ‘n gat in my kar se vloer gedruk met die domkrag. Ek is  useless met karre.

10.  Ek was nooit skottelgoed nie. Ek HAAT dit. Daar is absoluut niks wat ek meer verpes as dit nie.

11. Ek slaap nog steeds met my Teddy as my man weg is. My Teddy se naam is Tigerteddy.

12. My beste vriend van 11 jaar is ‘n rou Brit, en al wat ek hom in meer as ‘n dekade kon leer van Afrikaans is vloekwoorde.

12. My ma het al ontken ek is haar kind. Dit was tydens ‘n gesamentlik kerk diens in ons destydse buurdorp.

13. In  die winter, as dit baie koud is, sal ek eerder in die bad pp as om uit te klim.

En dis dan my dertien skandes.

Ek tag dan vir demoerin en Boervrou om hulle dertien dinge met ons te deel. 😉

57 Responses to “Dertien dinge wat julle nie van my weet nie…”


  1. 1 Antie Koekie Desember 17, 2009 om 8:10 nm

    Toe nou, was dit nou so moeilik? Het kliphard gelag vir #5 en #6—— SKREEUSNAAKS! Dankie, sonkind, omdat jy my na die plekkie gelei het—– moerse nice hier!
    O, ja, #12—— my ma doen dit onbewustelik elke dag en ek is nie eens lesbies nie!Miskien omdat ek al so baie getroud was?Ha!Ha!Ha!

    • 2 flintstoned Desember 17, 2009 om 8:16 nm

      LOL, kyk, ek hou sommer klaar baie van jou…

      Die vrou wat my en my lewensmaat getrou het, het gesê:” Jy trou net een keer vir die eerste keer, so make the most of the party”

      Dalk sal jy kan duidelikheid gee oor hoe waar daardie stelling is 😛

  2. 3 Xena Phoenix Desember 17, 2009 om 8:36 nm

    Appel en Kaas?

    Jy kort nog net ‘n hond wie se naam Kietsie is. Verkieslik ‘n rottweiler of ‘n ding.

  3. 5 maxie Desember 17, 2009 om 8:59 nm

    😆 Amper van die stoel af geval van die lag met nr 5 en albei nrs 6, dis puik!

  4. 7 Sonkind Desember 17, 2009 om 11:13 nm

    no 1 – ek doen ook nie die skoene ding nie. skoene is vir die voels 🙂

    no 3 – ek gaan jou laat weet hoe daai ene vir my smaak – hou van eksperimenteer met kos. ek moes eintlik by myne bygevoeg het ek is ook verslaaf aan sushi.

    no 10 – hou jy van kos maak? Want ek sal AL die skottelgoed met ‘n smile was as iemand anders net vir my kos maak!

    Ag nee wat Flints – jou skandes is nog mak – glo my 😈

  5. 9 Krista Desember 18, 2009 om 7:36 vm

    Die 1ste ding wat waai as ek by die huis instap is my skoene.

    Moenie sleg voel oor #9 nie. Shit happens. Dis hoekom jy standby dienste op jou versekering het. (Ek kon met Stoffel wiele ruil in 5 minute – gereeld oefening gekry hierin.)

  6. 11 demoerin Desember 18, 2009 om 8:48 vm

    Ek dink ons moet bietjie praat oor die lyding wat jou arme pets met daardie name moet deurmaak.
    Ek het persoonlik nie ‘n probleem met skottelgoedwas nie… maar fok weet – stryk is weer helemal iets anders.

  7. 21 Girl van die Suburbs Desember 18, 2009 om 10:24 vm

    Oooeeee…. Ek reken daai familie was nooit weer dieselfde na kersiepit daar deur gewals het nie! 😉

    Nommer 13 😯 ❓

  8. 23 boervrou Desember 18, 2009 om 10:51 vm

    Ja nee kyk… Jys gemaak om te blog! Uit-bleddie-stekend!

  9. 24 boervrou Desember 18, 2009 om 10:58 vm

    Flint @ Jy moet my kans gee om te dink! En ek kry kuiermense vandag van die stad af, 5 volwassenses. So ek moet spring en slaapplek en kos regkry!

  10. 26 flintstoned Desember 18, 2009 om 5:03 nm

    boervrou :

    Ja nee kyk… Jys gemaak om te blog! Uit-bleddie-stekend!

    Ag dankie man, ek probeer ook maar net, ek dink weer so oor baie van julle, soos ek al voorheen gesê het, dalk eendag as ek groot is sal ek kan kers vashou met van julle. Tot dan, skryf ek maar omdat dit lekker is. 😉

  11. 27 boervrou Desember 18, 2009 om 5:53 nm

    Flippit! Jyt ok nie gewag tot eendag nie!! Is jy en vloekwoordjie in kompetisie? My inbox is vol comments!

  12. 29 boervrou Desember 18, 2009 om 5:57 nm

    WooooW gaan groot of gaan huis toe, nê..top skrywe EN jou blog is 2de top blog! Baie baie baie geluk!!!!

  13. 31 QueerHater Desember 18, 2009 om 6:16 nm

    Fokken mof. Julle almal hoort in die hel te brand. Versprei net Vigs waar julle gaan, soos HItler die Jode uit probeer wis het, so moet jou soort ook van die aarde af gevee word.

    • 32 flintstoned Desember 18, 2009 om 6:21 nm

      Onder normale omstadighede sou ek jou reply nie eers hier laat wys het nie, maar ek dink my punt van vorige posts word deur jou braaksel duidelik gemaak. Die “struggle” van swart mense is verby in ons land, ek as gay man veg steeds om aanvaarding.

      Jy gaan seker vanaand huis toe en bliksem jou vrou/man en kinders, want dis die tipe mens wat ek dink jy is, vol haat.

      Kry ‘n lewe ou maat, en as jy nie ‘n lafhard was nie, sou jy nie ‘n fake e-mail gelos het toe jy hier kom kots het nie……poephol…

    • 33 boervrou Desember 19, 2009 om 7:36 vm

      Jy hoef nie hier te lees nie, dis ‘n keuse. Dis om mense te entertain. As dit jou nie entertain nie en jy voel k@k, vat jou undercover groen-mannetjie en loop.

    • 34 Johan Swarts Desember 23, 2009 om 1:07 vm

      Sjoe, nydigheid…

      Queerhater, is jy seksueel gefrustreerd?

  14. 35 schabbers Desember 19, 2009 om 9:20 vm

    Ek is seker QueerHater is een van daai 50jarige bierpens ou mans wat dink hulle weet alles en die wêreld behoort aan hulle – daai soort wat in die openbaar op die kerkplein met ‘n haelgeweer doodgeskiet behoort te word! Wie is jy om te oordeel JOU SOT!!!!! As jy maar net 1% karakter van ‘n moffie gehad het, was jy darem werd om ‘n mens genoem te word. Dankie tog ek ken jou nie persoonlik nie, maar ongelukkig ken ek baie van jou soort!

  15. 36 Antie Koekie Desember 19, 2009 om 10:05 vm

    @ Queerhater: Jou arme patetiese verskoning van ‘n mens!Jou ma het jou ook seker,,,,, nee, wag, laat ek liewer ‘n wag voor my mond sit!
    Ek vermoed jy, of jou kind of jou sussie is HIV-positief. En het dit opgetel by ‘n prosi, tydens ‘n dronk kuier saam met die boys?
    Het jy geweet, so paar jaar terug het statistieke gewys dat, daardie spesifieke jaar, was vigs die besigste onder jong swart meisies, 16 – 24, en ouer wit mans, 48 – 55.
    Waar kom die arme gays nou in daai prentjie.

    Ek wed jou jy kots op ander blogs oor swart mense.Jy bly seker in Orania en behoort aan die AWB. Jy en jou soort maak my NAAR!
    Kry asse-flippen-blief tog net vir jou ‘n lewe!

  16. 39 Antie Koekie Desember 19, 2009 om 10:11 vm

    Sorry Kersiepit, daa ruk jou favourite Antie sommer die dam inder die eend uit! My bloeddruk is nou skaai-haai!
    Gaan nou eers ‘n rooibos teetjie drink om te kalmeer.

  17. 40 Antie Koekie Desember 19, 2009 om 11:04 vm

    Nee Boervrou, ek het my swak uitgedruk. Wat ek bedoel, is dat ek al baie sulke mans teegekom het,selfs in my eie familie.Stoere “boerseuns,” wat als haat en verwerp wat nie ooreenstem met sy siening nie. Gay, Swart, maak nie saak, iets wat hom dwing om sy mind oop (en op) te maak vir vreemde issues, word onmiddeliik gesien as boos.
    Ek self is al baie jare permanent diep in strooi-straat oor my baie liberale politieke siening.Elke verhouding (huwelik) van my het gevou oor my siening, wat ek nie kan opgee terwille van ‘n ander.
    Dis daarom dat ek nou so uitgefreake het. Ek besef ons kuier hier saam, elkeen met sy eie voor- of afkeure. En dis goed; dis die verskillende speserye wat hierdie dis sy unieke smaak gee. Maar iemand moenie nou kerrie in ‘n suurlemoen meringue tert gooi nie! Ek kan nie stilbly as iemand sulke idiotiese lelike goed kwytraak nie. Ons al elkeen voor God rekenskap gee, elkeen NET VIR HOMSELF!

  18. 41 Antie Koekie Desember 19, 2009 om 12:12 nm

    Ja, Kersiepit, ek stem saam. Ek is nou so De-Moer-In vir myself, omdat ek toegelaat het dat ek self die deur van my eie pandorra boks oopgemaak het. Sal dit maar bietjie later vandag uit my gestel blog.
    Gaan nou vir my ‘n lekker icecream koop om af te koel.
    Lekker dag verder.

  19. 43 flintstoned Desember 19, 2009 om 12:19 nm

    Kyk, ek is nou nie iemand wat ander probeer stil maak nie, beide Antie Koekie en Boervrou het die volste reg om hulle opinies te opper. Ek stem saam met Boervrou, dis nie ‘n rasse kwessie nie, ek het wel die voorbeeld van “struggle” gebruik om uit te wys dat ek as gay man nog deurloop onder verwronge sieninge en valse begripe ( en ek is seker baie ander wat soos ek is het die selfde probleem)

    Antie Koekie, ons almal word kwaad met tye, moet nie TE sleg voel nie.

    Nogtans, die stuk was geskryf om ‘n glimlag op die leser se lippe te sit in die warboel wat ons Kersfees noem. Ek dink volgende keer sal ek net die “Queerhaters” se aanmerkings delete, en nie weer die gees van die storie deur dit laat bederf nie.

    Ek vra onverskoning 🙂

  20. 45 koeksister Desember 23, 2009 om 1:23 nm

    Daar moet iets fout wees met my, want ek hou van stryk, kosmaak en die skottelgoed was …. 😯 Nice posting Flint.

  21. 46 flintstoned Desember 23, 2009 om 2:29 nm

    😆 koeksister

    Nee, jy is dan ons wenner van Freak van die jaar, dis net nie normaal nie. Dankie dat jy kom inloer het, ek het nogal gewonder waar die-werf is 😉

  22. 51 Skoor Desember 24, 2009 om 9:27 vm

    En hier vertel ek jou om jou 13 dinge neer te sit, en meanwhile back at the ranch is dit laaaankal gedoen!

    LOL@die bad pp ene!

  23. 53 rosalindfranklin Desember 31, 2009 om 12:17 vm

    LOL@ queerhater; jy is eintlik self ‘n “moffie” of ‘n “lettie” ne? diep binne in jouself is jy sooooo lus, jy dink elke dag ‘n paar keer daaraan ne? en op ‘n dag gaan dit uitborrel soos ‘n vulkaan. en wat de hel gaan jy dan doen?
    ps…as dit nie al klaar iewers in ‘n donker hoekie gebeur het nie. ROFL

  24. 55 lindzie Januarie 6, 2010 om 12:51 nm

    Sjoe daar leer ek oor ‘n paar niewe dinge van jou!!!! Sies flintie!! Ek dog ek ken jou… Maar my magie pyn van die lag!!


  1. 1 Dis nou genoeg. « FlintStoned Terugskakeling op Desember 18, 2009 om 7:15 nm

Lewer kommentaar op boervrou Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 773 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf